Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2019 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 October 2019 12:50
Untitled Document


Die Crafters Fair Kersmark by NG Kerk Moreletapark is van 30 Oktober tot 9 November. Dié mark bied handgemaakte produkte vanaf juwele, klere, geskenke, speelgoed en dekor tot deli-soort kos. Die mark is daagliks oop van 9 vm tot 6 nm, maar gesluit op Sondae. Toegang is gratis. Die adres is De Villebois Mareuilrylaan 1353, Pretoriuspark. Skakel 082-453-7933 of 083-417-5000.

~*~


‘Hart van Jou Besigheid’ word op 7 November ten bate van die President Kruger Kinderhuis by Weiveld in Zwavelpoort gehou. Bekende kunstenaars Bok van Blerk en Jo Black gaan optree asook die stylvolle manne van Just Imagine. Barry Pretorius gaan die seremoniemeester wees. Die tema is ‘Eg Suid-Afrikaans’. Daar gaan allerlei egte Suid-Afrikaanse lekkernye, ‘n driegang maaltyd, dans, kuier en netwerkgeleenthede wees. Bespreek ’n tafel en ondersteun die kinderhuiskinders op dié manier. Bel Marlene by 012-332-1366 of 076-751-2235. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging.

~*~


Join Friends of the Faerie Glen Nature Reserve for a birding morning with Philip Calinikos of BirdLife Northern Gauteng on Saturday 2 November at 6 am. Meet on the lawn in front of the entrance building and take a hat, water and binoculars. The cost for non-members is R50. The Friends’ annual general meeting is on 7 November at 6.30 pm at NG Kerk Faerie Glen at 429 Glenwood Ave. The guest speaker is Reuben Heydenrych on Magalies and Bronberg trees. There will be an invasive plant hack at the reserve on 10 November from 7 am to 10 am. Take your own pruning loppers, hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Confirm your attendance with Louise Kritzinger: 072-275-0614 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Nickel Kersmark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ‘n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) op Zwavelpoort en dien as ‘n platform om produkte ten toon te stel wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word. Dié jaarlikse mark is ‘n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en die 19e mark word vanjaar gehou. Daar is meer as 200 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte en ‘n restourant deur Flavorville. Die mark is van 20 November tot 1 Desember en is daagliks oop van 9 vm tot 6 nm. Die adres is plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Bel hulle: 012-940-0221 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Alana du Toit, Chloe Williams and Monique van Burick was photographed by Danielle Garrett at the first Boardwalk Night Market on 20 September. The next market is on 15 November from 4.30 pm to 10 pm and offers stalls, food, sundowners, live bands and night-time picnics on the lakeside lawn behind the Boardwalk Office Park, Haymeadow Street in Faerie Glen. Phone the organisers at 082-851-6490.

~*~


Rayton NG Gemeente hou op 24 November om 8.30 nm ‘n Kerssangdiens. Kersliedere onder die sterre word vanaf 5 nm op 30 November aangebied. Kersvader gaan weer geskenkpakkies uitdeel en daar is volop eetgoed te koop. Die plaaslike sanggroep gaan die gemeente begelei met die Kersliedere. Toegang is gratis. Vir meer inligting, bel Linda Snyders: 082-563-043 of 012-734-4345 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 26 Oktober van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


ActVyt LifeStyle has organised a Bronkhorstspruit hike on 2 November from 6.30 am. There is a
20 km, 15 km and 10 km hike and the standard entry fee is R180, which includes energy bars and coffee, refreshments and snacks and a finishing medal. The closing date for entries is 31 October. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or WhatsApp: 061-440-9995.

~*~


‘Nêrens, Noord-Kaap’ is ‘n toneelstuk wat op 27 Oktober om 6 nm by Atterbury-teater opgevoer word. Frans, Andries en Ronald is broers wat mekaar jare laas gesien het en nou moet terugkeer na hulle geboorteplaas, Nêrens, vir hulle pa se 60ste verjaarsdagbraai. Dié skreeusnaakse en hartroerende werk volg in die voetspore van die suksesvolle komedie, ‘Amper, Vrystaat’, en was ‘n loket-sukses by die kunstefeeste. Die stuk is 70 minute lank met geen pouse nie. Kinders onder 16 word nie toegelaat nie. Kaartjies kos R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


The Diamond Chamber of Commerce has organised a fun evening on a medieval theme for their year end function on 23 November at 6 pm at the Cullinan Diamond Lodge. The cost is R380, which includes a welcome drink, dinner, desert, a live band, dance and a gift. For more information phone them at 012-305-2501 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Bospraatjies is op 31 Oktober om 6.30 nm by Safari in Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Die spreker is Danielle Roodt, ekonoom Dawie Roodt se dogter, met ‘n praatjie getiteld ‘Hout, bome en genome’. Toegang is R50. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom: 083-226-6861.

~*~


Koos Kombuis hou op 30 Oktober van 7.30 nm tot 10.30 nm ‘n storie-vertel-aand by Lagom Café en Bistro langs die Harley-Davidson-winkel in ‘Ridge Square on Lynnwood’ op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Skakel 083-281-7284.

~*~


Christkindlmarkt is a traditional German Christmas market held on 30 November from 4 pm to
10 pm at the Deutsche Schule, corner of Simon Vermooten Street and the N4 highway off-ramp, The Willows: -25.74529° S, 28.33158° E. You can enjoy traditional German food, cookies, festive lights, stalls, decorations, music and gifts. Entry and parking is free and there will be children’s activities as well as drinks from a licensed bar to go with the festive live music. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


’n Dag Van Vroue-Krag word op 3 November van 1 nm tot 6 nm by Rockwood Teater gehou. Sprekers soos Melinda Bam, Leandie du Randt en Hykie Berg is vir die eerste keer saam op een verhoog. Ontmoet sprekers soos Elsa Esterhuizen, Bertha Le Roux, Melissa Swart, Quinne Brown, Cindy Swanepoel, Je-Ani Swiegelaar en Daniëlla van Heerden. Dié dag is nie ‘n konferensie nie, maar ‘n pretdag vol verrassings met gaskunstenaars, borge en geskenkpakkies. Kaartjies kos R260. Bespreek jou plek by 012-368-1555. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark.

~*~


Rock ‘n Roll Halloween is going down at Edge’s Corner Music Bar on 31 October with dirty rock ‘n roll duo Hellcats, grunge band, Apocalypse Later and Kerry-anne Allerston on the decks. Dress up and receive a free shot. The venue is at the Hokaai Shopping Centre, corner of Selikats Causeway and Graaff Reinet, Faerie Glen. Call them at 012-111-8007.

~*~


Die Vaalbank Kontreimark is op 9 November van 9 vm tot 3 nm by Slobs ‘n Snobs langs Wet Nose Dierereddingsentrum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Daar gaan kunsklasse wees en ‘n verskeidenheid van 30 kraampies uit die plaaslike gemeenskap. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

 

© 2024 Die/The Bronberger