Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 27 July 2015 23:40
Untitled Document


Maak jou reg vir ‘n hop, huppel en skop-dag. Die Premiermyn Hervormde Kerk Cullinan hou op Vrydagaand 31 Julie ‘n country opskop met pap en kaiings. Die fees duur voort op Saterdag 1 Augustus van 8 vm tot 4 nm. Daar is vetkoek, pannekoek, kerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg, koeksisters en speletjies vir kinders. Die kerk is in Zonderwaterweg, Cullinan, oorkant die landdroskantoor. Bel vir Marie by 083-651-6721 of Dina by 082-410-6823.

~*~


‘Doppers en Filistyne’ is die naam van ‘n eenmanvertoning, geskryf deur CJ Langenhoven en opgevoer deur Eric Nobbs. Dit word op 22 Augustus om 7 nm by Asbos Teater opgevoer. Die lagspiere word geprikkel wanneer Eric die  sonde en ergernis van die 1930’s dorpslewe, soos gesien deur die oë van Sagmoedige Neelsie se alter-ego, Ou Stoffel Gieljam, uitbeeld. Kaartjies is R130 en geen kinders onder 12 word toegelaat nie. Asbos Teater is by Karoo Café in Lynnwoodweg. Skakel 082-564-0999.

~*~


Wie het gekla dat daar nie winkels op die platteland is waar jy alles onder een dak kan kry nie? Op Cullinan het Buks Barnard hierdie eenstopdiens-winkel raakgeloop.

~*~


Kabaret-kunstenaar, Helena Hettema, tree op 5 Augustus by Atterbury Teater op met musiek van haar twee CD's ‘Piaf 100-years Tribute’ en ‘The Great French Legends’. Sy bring hulde aan Edith Piaf en kunstenaars soos Jacques Brel, Charles Aznavour en Gilbert Becaud. Helena word deur akkordeon-meester, Sergio Zampoli, en Marelize Kock op klavier begelei met ‘n tikkie klassieke ballet deur Suranel van den Berg. Helena het die SABC Geraas-toekenning vir Beste Sangeres en Laureate toekenning van die Universiteit van Pretoria, gekry. Sy was twee keer vir ‘n SAMA (SA musiektoekenning) genomineer. Die vertoning begin om 8 nm. Kaartjies in ry A tot K is R150 en vir ry M tot Q en die galery, R130. Skakel 012-471-1700.

~*~

Ons hoor dat Boskombuis se heropening op 5 September gaan wees. Dié kuierplek op die pad na Kleinfontein is vroeër vanjaar vir ‘n ruk toegemaak nadat ‘n boom op hulle dak geval het en baie skade en verandering veroorsaak het. Die herstelwerk is so te sê klaar en hulle is druk besig om vir die amptelike heropening gereed te maak, sê Renée Thomson.

~*~


Fritz Gun is performing at Klitsgras, just off Garstfontein Road in Tierpoort on 31 July. This band, specialising in modern alternative blues rock, is going to entertain the crowd from 7 pm to 11 pm. There will also be drumming and fire dancing. The cover charge is R40. Phone Andries at 083-311-0025.

~*~

There is a bird walk at the Pretoria National Botanical Garden on 15 August from 7 am to 11 am. Rihann Geyser, bird guide and member of the BirdLife Northern Gauteng Club, will lead the walk. Remember to take your binoculars, bird book, comfortable shoes and water. Entrance is R75. Booking is essential, since only a small group of people can be accommodated. Contact Linette Ferreira at 012-843-5053 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Bok van Blerk tree op 13 Augustus by Rafters, op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof op. Kaartjies is R100. Skakel 012-480-0347, 071-610-2132 of
082-600-3469.

~*~

Die bekendstelling van skrywer, Joan Groenewald, se boek, ‘Human Trafficking – The Hidden Crime’, is op 6 Augustus. Die funksie, wat ‘n ontbyt insluit, is van 9.30 tot 11.30 vm by Bronberg Wynlandgoed op plot 49, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Bespreek by Rianette Groenewald: 076-713-6803 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Mense wat hulle bestuurslisensies hernu, gaan langer as gewoonlik vir hulle nuwe kaartlisensies wag. Hierdie kennisgewing is by Rayton se munisipale kantoor opgeplak en sê dat daar ‘n vertraging van twee maande is omdat ‘n nuwe maatskappy aangestel is om die kaarte te maak. Vir navrae oor lisensiekaarte, skakel 012-358-9999. Vir navrae oor boetes, skakel 012-358-7140. Daar is ook plakkate by Rayon se munisipale kantoor wat aandui dat pensioentrekkers en swanger vrouens nie meer in die lisensiekaart-toue hoef te wag nie. Hulle kan sommer reguit vorentoe beweeg.

~*~

NG Kerk Valleisig se ValleiPartei is op Saterdag 29 Augustus van 8 vm tot laat op die hoek van Mayo- en Tipperarystraat, Faerie Glen. Die Vallei Café bied eetgoed soos vetkoek, pannekoek, kerrie en rys, Prego’s en poeding. Gaan toets jou vernuf op die Vallei 4x4 kort roete, gesels met die mense van My Faerie Glen buurtwag en kyk hoe word die Vallei Koekedoor gekroon. Daar is vermaak vir die jongspan, boeresport, musiek en orkeste, trompoppies, ‘n plaasstal, wit olifant kraampie, naaldwerk, ‘n koektafel, plante, veteraan motors en ‘n biertuin. Bel Johann Vermeulen: 012-991-1542 / 082-499-2646.  

~*~


‘Drie Vriende’ is die naam van ‘n vertoning deur Chris Chameleon, digter Daniella Deysel en Sarel Fourie. Dié drie sorg vir ‘n produksie wat ‘n wye verskeidenheid van humor, sielsmusiek, erns en loslittige vermaak bevat. Die vertoning begin om 8 nm op 7 Augustus by Atterbury Teater. Kaartjies vir ry A tot K is R160 en vir ry M tot Q en die galery, R140. Skakel 012-471-1700.

~*~


Sangeres, liedjieskrywer, fluitis en pianis, Lizanne Barnard, stel haar tweede solo album op 1 Augustus om 7.30 nm by Asbos Teater bekend. Sy was lid van die eertydse groep Marimba, wat gedigte van onder andere Ingrid Jonker en Eugene Marais getoonset het. Lizanne het ook bekendheid verwerf met die musiekregie van die bekroonde produksie, ‘Uit die Bloute’. Kaartjies kos R100. Asbos Teater is by Karoo Café in Lynnwoodweg. Skakel 082-564-0999.

~*~

July is Mental Health Awareness Month. According to the South African Anxiety and Depression Group (SADAG) there are 23 completed suicides and a further 230 attempted suicides every 24 hours in this country. More needs to be done to help so many people who feel helpless and hopeless. Call SADAG’s toll-free helpline: 0800-70-80-90; SMS: 31393; or visit www.sadag.org.

~*~


Die Gauteng-streekveiling van inheemse veldbokke is op 28 Augustus om 11 vm by die Pretoriase Skougronde (nou Tshwane Events Centre). Daar is 150 ooie en 20 ramme en stoet- en kommersiële bokke van al vier ekotipes word verkoop. Vir meer inligting bel Hans Terblanche, bemarker, by
072-216-9034; George Groenewald, teler, by 082-564-2533 of Louis Lourens, teler, by 082-853-1758.

~*~

Inni Lang-gras hou op 25 Julie vanaf 8 vm ’n boeremark en dans ten bate van vermiste kinders en Quimi Huis vir intellektueel gestremdes. Daar is heeldag musiek deur kunstenaars soos Logan Venter, Kobus en Martin, en Anet, asook boeresport, ossewaritte en kinderpret. Die meelvloer dans begin 7 nm met Marius Strydom. Inni Lang-gras is in Gobeyweg, Rayton. Bel Martin by 082-324-4039 of Sylvia by 079-733-0477.

 

© 2024 Die/The Bronberger