Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 23 June 2015 01:35
Untitled Document


Ons hoor die Bapsfontein Hotel het weer onder nuwe bestuur oopgemaak. Die openingsaand was op 6 Junie vanaf 6 nm en ‘n verskeidenheid kunstenaars, insluitende Cowboy Crawl, het opgetree. Die hotel is op plot 34C, Wolmaransstraat, Bapsfontein.

~*~


Die Mooiplaats, Zwavelpoort, Tierpoort (MZT) Gemeenskap hou ‘n potjiekoskompetisie en boeresport op Saterdag 11 Julie vanaf 10 vm. Daar gaan water-sokker, vlugbal en boeresport vir die kinders wees terwyl ouers hulle geheime potjiekosresepte op die proef stel. Beoordeling van die potjies begin om 3 nm. Bespreking is noodsaaklik. Daar is ‘n R50 registrasiefooi per gesin. Dié wat nie aan die potjiekoskompetisie deelneem nie is welkom om ‘n piekniekmandjie vir middagete saam te neem. Dié pretdag word by Morgan en Louise van der Merwe se Zwavelpoortplot, Z119 gehou. Bespreek by Marina: 083-227-4725.

~*~

Onthou dat die brandverbod op 30 Junie in werking tree. Mense wat voorbrand wil maak moet dit voor daardie afsluitingsdatum doen.

~*~


Wish you could go to the Durban July? On Saturday 4 July you can experience the fashion, food, entertainment and horse racing without the airfare. Live viewing, fashion shows and great performances for all fans of the races and fashion will be held in Zwavelpoort. The 119th edition of the iconic race day is staged for the first time ever at Monte De Dios. Big screens will cover horseracing straight from Greyville. Local designers, who have established brands, will showcase their style on beautiful Topmodel South Africa winners. Monte De Dios is teaming up with Topmodel South Africa and choreographer Willie Venter for a show-stopper of a day. Bookings are through iTickets.co.za or 086-1000-291.

~*~

Lenie Malan van Kleinfontein het die Bronnie gebel om te sê dat hulle vir ‘n paar aande agtermekaar aan die einde van Mei ‘n onverklaarbare lig suid van Kleinfontein in die lug sien hang het. Hy gaan hang daar tussen ongeveer 8.15 nm tot 9 nm. Daar is ‘n rooi lig bo-op en dan flits dit elke nou en dan groen, sê Lenie. Is daar ander mense wat dié lig ook opgemerk het? Indien wel, kontak ons by 012-734-0522 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~



Foto: Elsabé Maré

Nathan Berelozitz van Friends of the Rail, die maatskappy wat stoomtreinritte na Cullinan doen, sê dat spoorstawe weer op 9 Junie tussen Rayton en Cullinan gesteel is. Die boewe het eers die hout dwarslêers gesteel en sedert dit vervang is met beton dwarslêers, steel hulle spoorstawe – tot 400 meter in ‘n nag. Wie koop dit? Nathan sê daar is nie meer spoorwegpolisie nie en dit is nou die mense in Cullinan se verantwoordelikheid om dié spore, en daarmee saam die dorpie se toerisme-inkomste, te beskerm. “As die gemeenskap nie wil help nie, kan die hele spoorlyn net sowel nou tot niet gemaak word,” sê hy. Nathan vra dat mense hulle ore en oë oophou en laat weet as hulle spoorstawe by ‘n skrootmetaalplek sien. Die boewe moet in die nag met gasbottels, om die stawe te sny, en voertuie in die veld ry. Sien niemand hulle nie? Kan die gemeenskap nie die spoorlyn patrolleer nie? As jy iets weet of kan help, bel Nathan by 073-244-4962 of 012-386-6248.

~*~


‘South Afrikana – Alternative Country’ is die naam van ‘n akoestiese aand wat op Vrydag 26 Junie by die Asbos Teater op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat gehou word. Bachus Nel, Marcia Moon en Vana gaan vanaf 8 nm optree. Toegang is R100 per persoon. Skakel 082-564-0999.

~*~


Sanger en liedjieskrywer, Fredi Nest van De Tweedespruit, is onlangs met breinkanker gediagnoseer en ontvang behandeling. Top Star Management, Maroela Media en McCarthy Volkswagen Arcadia het kragte saamgesnoer en ‘n liefdadigheidskonsert, ten bate van Fredi, met van ons land se bekendste kunstenaars aanmekaar gesit. Die konsert is om 8 nm op 29 Junie by Atterbury Teater. Kunstenaars wat deelneem is Kurt Darren, Pieter Smith, Dewald Wasserfall, Altus Theart, Pieter Koen, Jakkie Louw, Dewald Dippenaar en Karen Ferreira. Kaartjiepryse is R150 per persoon en is beskikbaar by Computicket. Skakel 012-471-1700.

~*~

Is daar saamry-klubs na Johannesburg in die Bronberg-gebied? Daar is ‘n aantal mense wat graag by so ‘n klub sal wil aansluit. Praat saam oor saamry-geleenthede op die Bronnie se Facebook-blad.

~*~


Karlien van Jaarsveld tree op Woensdag 24 Junie om 8 nm by Rafters op. Toegang is R100 per persoon. Rafters is langs Garstfonteinweg-verlenging oorkant Mooikloof. Skakel 082-600-3469.

~*~


Musikant Piet Botha gaan op 20 Julie sy sestigste verjaarsdag met ’n spesiale konsert, genaamd ‘The Big 60’, by Atterbury Teater, vier. Vriende en mede-musikante soos die Jack Hammer Band, die Dennis Broers en Akkedis Band, Leon van Zweel op die saksofoon, Gerry Robinson, Mel Botes en Jacob Wulana neem deel. Die konsert begin om 8 nm en sal hoogtepunte van 'n musikale reis van 40 jaar ten toon stel. Kaartjies is R180 per persoon. Skakel 012-471-1700.

~*~


The La Volta Dance Club is hosting a Golden Hearts charity ball on 18 July to help build a future for the youngsters at Bramley Children's Home. The ball is at 5.30 pm for 6 pm at Utopia Place on the corner of Lynnwood Road and Cura Avenue, Equestria. Tickets are R500 for the gold package and R800 for the diamond package. The ball is a black tie, dinner and dance event that includes a show, prizes, give-aways and a mini auction. Bramley Children’s Home, based in Brooklyn, takes care of traumatised and abused children of various ages. The instigator of the charity ball is Matthew Cole Fincham, who will perform a special dance on the night. Contact Yots Bisschoff at 083-317-2077 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . The photograph shows Matthew Cole Fincham and Morgan Nortje practising.

~*~

Premier Shooting Club, just outside Cullinan, will be hosting the International Defensive Pistol Association (IDPA) Africa Championships on 9 and 10 August.  More information about the championships will be in our July edition.

 

© 2024 Die/The Bronberger