Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 27 May 2015 07:53
Untitled Document


Steve Hofmeyr en Neil Somers tree op 30 Mei by die CVO Skool Pretoria op. Die hekke open reeds om 2 nm en die voorsangers begin om 4 nm. Koelhouers en piekniekmandjies toegelaat teen R100. Verversings is beskikbaar. Mense moet hulle eie stoele bring, en vure word voorsien. Die skool is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en Arthurstraat (Valley) in Zwavelpoort. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Vir navrae, skakel die skool by 083-636-6070 of 083-633-9370.

~*~

Rayton Apteek hou ‘n baba- en peuter-kompetisie. Foto’s word tot 27 Mei by die apteek geneem en die prysuitdeling en pretdag is op Saterdag 30 Mei van 9 vm tot 12 uur. Daar is baie pryse om te wen in die volgende afdelings: 0 tot ses maande; ses tot 12 maande; een tot drie jaar; drie tot vyf jaar; en ouma/oupa en kleinkind. Skakel 012-734-4800.

~*~

Soms is die verbindings 's' in Afrikaans oorbodig en soms kan dit ook erg verwarrend wees, soos 'n onlangse oproep van 'n Bronnie-leser van getuig: "Ek sien," sê die leser, "hulle adverteer 'n wildsplaas hier in Die Bronberger." Nou wil hy net sê, sê die leser, dat hy wel belanggestel het in die geadverteerde plaas, maar toe hy sien wie die bure is, het hy dadelik belangstelling verloor. Want, sê die leser, wie wil dan nou 'n wildplaas hê met twee ‘wildstelers’ wat op die grensplase neffens jou boer?

~*~


Kunstenaar Johan Marais se uitstalling is tot 15 Junie by Rockwood-singel, Woodlands, op die hoek van De Villebois Mareuil en Garstfonteinweg. Die ateljee is daagliks oop van 10 vm tot 6 nm. Skakel 083-275-1732 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Radio Pretoria het geskiedenis gemaak deur te wen in altwee kategorieë van die MTN Radiotoekennings, waarin luisteraars die wenners aankondig. Die radiostasie is op 18 April aangewys as die wenner in die kategorie ‘My Stasie: Mees Lojale Luisteraars’. In die tweede kategorie ‘My Stasie: Meeste Stemme’ het Radio Pretoria ook gewen. Volgens die organiseerders van die MTN Radiotoekennings, het Radio Pretoria meer as 31 000 stemme gekry, wat 12 000 meer was as sy naaste teenstander. Die stasie saai uit in Pretoria en die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid-Afrika het op 29 April gemeenskapsuitsaailisensies toegeken aan Radio Pretoria se agt geaffilieerde stasies in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Natal en die Noordoos-Vrystaat.

~*~


Amanda Strydom voer op 29 Mei om 8 nm ‘Die Hele Boksemdaais’ op by Atterbury Teater. Die vertoning is ‘n samevoeging van haar werk oor die afgelope 36 jaar. Coenraad Rall gaan haar op klavier begelei. Kaartjies vir Ry A-K is R160 en vir ry M-Q en die galery, R140. Skakel 012-471-1700.

~*~

Die beste vleismarkte landswyd is op 22 April in Johannesburg aangewys. Hendrik
Steenkamp van Boma Vleismark in Moreletapark het weereens die Cleaver-toekenning: goud, in ontvangs geneem.

~*~


‘n Werkswinkel oor bonsai word op Saterdag 6 Junie van 9 vm tot 1 nm by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aangebied. Die koste is R400 per persoon en sluit ‘Bonsai Manual for Beginners’ in. Die werkswinkel word deur Charles Ceronio, wat internasionaal bekend is vir die vyf Suid-Afrikaanse bonsai-style wat hy ontwikkel het, aangebied. Bespreking is noodsaaklik. Bel Linette Ferreira by 012-843-5053 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Die Bronberger se kaartjie-wenners na die Fijnwyn Kos- en Wynfees op 1 en 2 Mei was: Ingrid Nel van Tierpoort; Franso van Zyl van Bashewa; Anandie Byleveld van Cullinan; en Barbara Correen Bennet van Bashewa.

~*~


Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) se jaarlikse gholfdag is op 12 Junie by Pebble Rock gholfbaan. Die dag begin om 11 vm en word deur Harcourts gereël om fondse in te samel vir KWO. Opsie een is om ‘n putjie teen R1 500 te borg. Opsie twee is ‘n vier-bal teen R2 600. Toegangsfooie sluit ‘n sak persentjies, baanfooie, halfweghuis, prysuitdeling en aandete in. Vir meer inligting, bel Bea'nca du Toit by 012-940-0221 of 084-384-7110 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


KragDag en die Solidariteit-beweging het aangekondig dat hulle hande vat om ’n slag te slaan teen elektrisiteitkwesbaarheid. As jy wil sien hoe, maak solank gereed vir die jaarlikse Kragdag Ekspo en seminaar wat op 26 en 27 Junie by Diamantvallei aangebied word. Die Ekspo se hektoegangsfooi is R50 per persoon, maar diegene wat vooraf registreer kan gratis toegang bekom. Besoek http://kragdag.com.

~*~

Onthou jy die Kalfiewals? Oom Fred Colling, van Radio Kansel-faam, en sy klawerbord wil senior burgers graag terugvoer na toeka se lekkerkry dae. Bel hom by 082-472-4883 of 012-991-3127.

~*~


Ian Roberts met sy Radio Kalahari Orkes is op 5 Junie by Atterbury Teater. Hulle vertoning, ‘n mengelmoes van Rock & Roll, Ghoema, Latyns, Jazz en Afrikana, begin om 8 nm. Die orkes bestaan uit ’n trekklavier, viool, penniefluitjies, kitare, bas, tromme, mondfluitjies en soms ook ‘n sitar. Kaartjies vir ry A-K is R160 en vir ry M-Q en die galery, R140. Skakel 012-471-1700.

~*~


You can take part in an Oprah-style, talk show studio audience recording for women. ‘Heartbeat 2015’ will be recorded at the Choose Life Centre in Rubenstein Drive, Moreleta Park on 6 June at 9 am. It is the annual studio audience recording of the lifestyle talk show, ‘Real Women Real Life’. There are going to be interviews with inspirational women, music, entertainment and giveaways, including a trip to Mauritius. There will also be a charity fundraiser in aid of building an orphanage. The standard seating fee is R250, the VIP R350 and there is R50 discount for group booking. Call 083-591-7339.

~*~


Adam Tas

Optredes by die Blou Hond sluit die volgende in:

  • 27 Mei: Sanger-liedjieskrywer, André Swiegers.
  • 28 Mei: Mel Botes se ‘Tribute to Dire Straits’.
  • 17 Junie: Die trippel platinum skrywer en sanger Adam Tas vertolk sy album, ‘Want jy is Boer’.
  • 19 Junie: Die Anders Orkes is ‘n Afrikaanse pop/country duo wat uit ‘n man en vrou span, Wynand en Lindi Delport, bestaan.

Alle optredes begin om 6 nm by Casa Toscana Lodge se Blou Hond in Darlingtongweg, Lynnwood Manor. Skakel 012-348-8820.

~*~

Plek is beperk, so jy kan nou al bespreek vir ‘n kursus in hoe plante kommunikeer wat op 4 Julie by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aangebied word. Die kursus kos R150 en is van 9 vm tot 12 uur. Dit word deur prof Braam van Wyk van die Botaniese Departement van die Universiteit van Pretoria aangebied. Onlangse navorsing het gewys dat plante nie net passiewe voorwerpe in die landskap is nie, maar intelligente en sosiale organismes met komplekse vorms van kommunikasie. Bel Linette Ferreira by 012-843-5053 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger