Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 28 April 2015 22:46
Untitled Document

Spookjagters van Pretoria, wat hulleself ‘Paranormal Research Investigators’ noem, het glo toestemming gekry om Cullinan se bekendste spoke te kom uitsnuffel. Hiéroor is die spookspeurders baie opgewonde. Die ou winkelhuisies aan die onderpunt van Oaklaan is bo aan hulle jagterslys. Ander plekke wat glo spooksoekwaardig is, is die ou hospitaal, McHardy-huis, die dorp se ou sinkhuise, Zonderwater se ou waghuis en die Italiaanse krygsgevangene-begraafplaas.

~*~


Studente van Shere Kunsateljee se volgende mark is op 25 April van 9 vm tot 4 nm. Hulle gaan dié keer besonder aandag gee aan handgeverfde kuns-groetekaartjies. Die mark is by die Shaw-gesin se familie-onderneming, ‘Garden Root’ Kwekery, op een van die laaste oorblywende hoewes in Equestria. Dit is op die hoek van Furrow- en Ouklipmuurweg. Vir meer inligting bel Susan by 072-744-1459.

~*~

Die Erfenisstigting van Pretoria het ‘n versoek gerig aan mense van die gebied om foto’s van monumente en enige naamplaatjies te neem en dit saam met die inligting daaroor vir dokumentasie-doeleindes te stuur aan Petra Luus by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Ons hoor dat Cullinan-inwoners erg bekommerd is oor die pad wat langs die myn se gat verbyloop. Hulle sê die gat is glo nou agt meter van die pad af en wonder hoe veilig dit kan wees. Toe die pad op 14 April vir verkeer gesluit is, het gerugte van dreigende sinkgate kwaai begin loop.

~*~


The Miss Tshwane Motor Show Beauty Contest will be held on 2 May at Zwartkops International Raceway. This will be an open competition in the following categories: Miss Petite three to six years; Miss Junior seven to 12 years; Miss Teen 13 to 17 years; and Miss Wow 17 to 22 years. Participants will be judged on looks, appearance, character and intelligence. There will be crazy prizes at stake, such as modelling contracts, beauty vouchers and cellular phones. For further information please visit www.natbusforum.co.za and look under ‘projects’ or dial 012-654-0146, 012-654-0239 or 082-590-6964.

~*~

Drie perde, insluitend ‘n vulletjie, is op Dinsdag 7 April op die Boschkoppad op ‘n blinde hoogte raakgery. Hulle is so ernstig beseer dat hulle net daar langs die pad uitgesit moes word. Die mense in die voertuig is glo nie ernstig beseer nie.

~*~


‘Sit dit aan, sit dit aan’, ‘n nuwe solo-vertoning deur Koos Kombuis is op 8 Mei om 8 nm by die Atterbury Teater. In die middel tagtigs het ‘n jong skrywer genaamd André Letoit op Afrikaanse musiekverhoë geklim met ‘n kitaar, ‘n bottel rooiwyn en ‘n blikbeker en het gewoonlik net gespeel vir ’n bord kos of ‘n pizza. Hy het sy naam later na Koos Kombuis verander en die land plat getoer. In ‘Sit dit aan, sit dit aan’ sing Koos sy nuwe liedjies, wat wissel tussen hartseer ballades en driftige protes, asook nuwe weergawes van ou gunstelinge. Kaartjies vir ry A tot K is R150 en vir ry M tot Q en die galery, R130. Skakel 012-471-1700.

~*~

Elections for new Exco representatives for Cullinan’s Chamber of Commerce were held on 26 March at the chamber’s offices. The five nominees with the highest votes were elected for a two-year term. They are: Etienne Coetzee, president; Peter Matjiane, vice president; Gordon Webb, vice president; Louw Allan, treasurer; and Dan Mokgwetsi, secretariat.

~*~


‘Regrets’ is die naam van dié skildery deur Susan Pretorius wat deel vorm van die gemengde media uitstalling, ‘The Image Makers’, wat tot 21 Mei aan is by die Tina Skukan Galery. Kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem is Cecile Burger, Elmarie Brümmer, Danel Gravett, Altie Pienaar, Tineke Meijer, Susan Pretorius en Charlotte Janse van Vuuren. Galery-ure is Dinsdae tot Saterdae van
9.30 vm tot 5 nm. Die Tina Skukan Galery is op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen. Skakel
012-991-1733 of 083-653-6928.

~*~

‘n Leser laat weet: “Het jy gehoor of gesien dat mense op die stoep by Kitty Hawk restaurant reg onder die kennisgewing wat sê rook is verbode, by die tafels sit en rook? Die kennisgewing is baie duidelik in Afrikaans sowel as Engels dat daar slegs op die grasgebied gerook mag word, maar dit stook so op die stoep dat die klein kinders wat daar by hulle ouers sit, stik van die rook. Dieselfde mense sit dan daar en kla oor die wettelose burgers van ons land, maar breek ewe rustig self die wette.”

~*~


Die volgende stoomtreinekskursies na Cullinan is op die vakansiedag, Maandag 27 April, op Vrydag 1 Mei en Saterdag 2 Mei vir die Protea Cullifest, en op Moedersdag, Sondag 10 Mei. Die Villagers vlooimark word elke keer as die trein kom buite Villagers restaurant in Oaklaan gehou. Vir meer inligting oor die vlooimark, bel vir Lilo by 083-254-2545. Vir meer inligting oor Friends of the Rail, besoek http://friendsoftherail.com.

~*~

Die ‘Mystery Ghost Bus’ ry op 25 April van 7 nm tot middernag in Pretoria. Die rit sluit stoppe vir verversings in en mense kyk uit vir poltergeeste, EVP opnames, draaikolke en mis by kastele, ‘n donker spookagtige kamer en begraafplase. Die rit kos R329. Besoek www.mysteryghostbus.co.za vir meer inligting.

~*~


If you regularly drive around the Swaeltjie or Boschkop area, you most likely would be familiar with the sight of Steven Dikobo training along the roads. Swaeltjie’s Steven came fifth in the Om Die Dam ultra-marathon in Hartbeespoort on Saturday, 21 March. He did the 50 km race in a time of 3:08:39. Steven is going to take part in this year’s Comrades Marathon and said that all Bronbergers should look out for him on the televised race.

~*~

‘Die Heuwels Fantasties’ tree op 8 Mei by Rafters in Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof op. Hulle optrede word om 8 nm deur dié van Kinky Robot voorafgegaan. Toegang is R100. Bespreek by Arline: 082-600-3469.

~*~


‘Horses and Angels’ is die naam van die uitstalling van 20 Pretoria-gebaseerde kunstenaars wat tot
3 Mei by die Johan Van Heerden Kunsgalery te sien is. Daarna volg Afrikamasutra, ‘n uitstalling deur verskeie kunstenaars, soos Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman, van 9 tot 31 Mei. Die galery is langs Farm City op die hoek van de Villebois Mareuil en Atterburyweg en is daagliks van 9 vm tot 3 nm oop. Vir meer inligting, kontak Johann van Heerden by 082-445-3917 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

‘We are Songwriters’ is an intimate night with four singer songwriters of different styles, hosted by Marcia Moon. It happens the first Friday of every month, with diverse artists, stripped down to one artist and his or her instrument at a time. The event caters to an audience that finds its kick in listening to lyrics and not only the music. The next event is on 1 May at 8 pm at Asbos Theatre at Karoo Café in Lynnwood Road. Entrance is R100. To book your place, phone 082-564-0999.

~*~

Die Zwavelpoortse Riverside Castle hou op 16 en 17 Mei ‘n bruidskou. Die skou is daagliks van 9 vm tot 3 nm. Hulle stel ook die kasteel se ‘The Wedding Gown Exchange’ bekend waar bruide hulle trourokke kan verkoop of verhuur en daardeur help om ‘n ander bruid se droom te bewaarheid. Riverside Castle is in Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 084-441-0333.

 

© 2024 Die/The Bronberger