Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 26 January 2015 23:18
Untitled Document

Boeries Deck het getrek en hou op 31 Januarie hulle nuwe opening. Hulle is nou by La Viola, plot 21, Lewzene, Cullinan. Gaskunstenaars gaan van 11 vm tot 9 nm optree en ‘n lekker langarm sokkie is deel van die pret. Kunstenaars strek van DJ Ossewa, Piet Pompies, Quintin Prinsloo en Robin Lee tot Charne Grabe. Toegang is R50 per persoon. Koop ‘n ballon vir R5 by die ingang en staan ‘n kans om een van verskeie groot pryse te wen. Trekkings vind deur die loop van die dag plaas. Hulle hou ook op Saterdag 14 Februarie ‘n Valentyn-sokkie met ‘n driegang buffetete teen R160 per persoon. Bel Martie by 076-848-4018.

~*~

Ons hoor daar is twee verdagtes (28 en 29 jaar oud) gevang, besig met dwelms, by Laerskool Rayton. Daar is beslag gelê op ‘n voertuig. Die verdagtes is na Cullinan geneem en het in die hof verskyn.

~*~

Guy Butterfly tree op 8 Februarie saam met Empire of Desire op by Klitsgras Drumming. Die vertoning begin 1 nm en toegang is R45. Klitsgras is in Garstfonteinweg-verlening, plot 62, Tierpoort. Skakel 083-311-0025.

~*~

Ons hoor dat Faerie Glen inwoners in Desember tot in die vroeë oggendure wakker gehou is deur doef-doef musiek vanaf die Boardwalk-sentrum in Haymeadowsingel. Klaarblyklik het die eienaars van Chefs on Decks met inwoners kontak gemaak en word ‘n vergadering gereël om die geraas-probleem te probeer oplos.

~*~

Hoot ‘n Anny en Shotgun Tori tree op 13 Februarie om 8 nm op by die Asbos Teater langs Karoo Café in Lynnwoodweg. Shotgun Tori (Victoria Landey) het die lengte en breedte van ons land deur getoer en het al bykans 400 opvoerings gelewer. Hoot ‘n Anny is ‘n Pretoriase egpaar, Alouise en Franco Jamneck, wat musiek maak in die ‘folk’ genre. Toegang is R100 per persoon. Skakel 082-564-0999.

~*~

Magda Cloete is die wenner van die Whiskers and Tails skilderykompetisie. Sy wen ‘n olieverfskildery van haar troeteldier deur kunstenaar, Theresa Odendaal. Die gelukkige trekking is op 6 Desember deur dr Janes Wagner by ‘n spesiale inentingsdag by Swawel Vet in Zwavelpoort gehou. Die fondse wat deur die kompetisie ingesamel is, gaan na Whiskers and Tails om veldkatte te help.

~*~

Daar is ‘n maanlig piekniek en romantiese skuurdans op Valentynsdag, Saterdag 14 Februarie, by La Farmé op hoewe 38, Pienaarspoort. Om jou plek te bespreek, bel Riana by 083-447-5364.

~*~

El-pidá Dienssentrum nooi enige persoon van 60 jaar en ouer na ʼn Valentyn Tee / Musiekoggend op Dinsdag 10 Februarie om 10 vm. Die gaskunstenaars is Rina Hugo en Johan van Rensburg. Toegang is R40 per persoon en sluit verversings in. Bespreek jou plek by Judy Bovey 083-325-2102. Die dienssentrum is by NG Kerk Valleisig, op die hoek van Tipperary- en Mayolaan, Faerie Glen.

~*~

Die Kewl Afrikaanse Musiekfees word op 7 Februarie van 12 nm tot 7 nm by die Choose Life Kerk se ouditorium in 589 Rubensteinrylaan, Moreleta Park gehou. Kunstenaars, Kobus Muller, Charlize Berg, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en orkes, en Bobby Van Jaarsveld en sy orkes voer elk ‘n volledige set van hulle treffers en nuwe liedjies op. Die kaartjies is R260 per persoon. Skakel 074-448-3096.

~*~

Hulle sê dat mense van Rayton woedend is vir ‘n outjie op sy fiets. Hy ry blykbaar op dié fiets in die dorp rond en as hy ‘n meisie sien, vra hy haar om hom te help om sy selfoon te aktiveer. Die prentjie wat sy sien as die foon aangaan, is dié wat ‘n onbloter gewoonlik aan sy slagoffers wys.

~*~

Ná sewe jaar is Anna Davel se nuutste solo-album uiteindelik hier. Sy stel ‘Moment’ op 24 Januarie by die Atterbury Teater bekend. Dit is die eerste vertoning in die land waar die album beskikbaar gestel sal word. Kaartjies is R120 per persoon en die opvoering begin 8 nm. Vir besprekings, skakel 012-471-1700.

~*~

Join in a fun day where you will learn how to make rich, organic soil at a one-day basics permaculture workshop on 31 January. You will learn how to make compost in 18 days; make a worm farm; make soil using a no-dig bed/mulching method; and all about companion planting and organic pesticides. The workshop costs R450 per person and is held from 10 am to 4 pm at Karoo Square, corner of Lynnwood and Albeth Streets, The Willows. Send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it to book by Thursday 29 January. Space is limited.

~*~

Inspekteurs van die Departement van Water- en Omgewingsake het begin om besoek aan grondeienaars in die Bronberg-gebied te bring om na die bekamping van die pom-pom-onkruid en ander indringers te kyk. Elandshoek en Nooitgedacht is op 19 en 20 Januarie besoek. Direktiewe is uitgereik aan die eienaars met ongewenste uitheemse plante op hulle grond. Indien hulle wel besig is om die onwelkome gas die deur te wys, kan die bewyse aan die inspekteur gewys word om boetes te vermy. Swaar boetes kan opgelê word as geen bewys gelewer kan word dat die indringers wel bekamp word nie.

~*~

Die verhoogproduksie, ‘My boetie se sussie se ou’ word van 29 tot 31 Januarie by Atterbury Teater opgevoer. Dié produksie is Pierre van Pletzen se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se “Caught in the Net”, en onder die regie van Frans Swart. David Rees, Ana van Achterbegh, Cindy Swanepoel en Anel du Plessis vertolk die hoofrolle. Hennie Smit maak ook ‘n draai as Stanley se seniele pa. Daar is twee vertonings op Saterdag 31 Januarie, om 3 nm en 8 nm. Die res van die vertonings is om 8 nm. Kaartjies wissel tussen R150 en R170. Skakel 012-471-1700.

~*~

Marietta Theunissen, bekend vir haar televisieprogram, ‘Die ander kant’, hou op 23 Januarie om 6 nm ‘n vertoning en aandete by Die Blou Hond by Casa Toscana. Marietta word vergesel deur mede-gasheer, Julia Theunissen. Die gehoor kry die geleentheid om Marietta vrae wat hulle oor spiritualiteit en hulle lewens mag hê, te vra. Toegang is R290 per persoon. Die Blou Hond is in 5 Darlingtongweg, Lynnwood Manor. Skakel 012-348-8820.

 

© 2024 Die/The Bronberger