Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 12 December 2014 13:33
Untitled Document

‘n Tradisionele Nuwejaarsfees word op 1 Januarie van 9 vm tot 3 nm by die Pioniersmuseum in in Keuningstraat, Silverton gehou. Daar is piekniek en braaigeriewe, maar ook volop koskraampies, vars brood, pap en kaiings, en vetkoek. Mense kan uitsien na Afrikaanse musiek, Boeresport soos paddaspring, sweepklap, toutrek, sakresies en ballongooi, kultuurdemonstrasies, rondleidings, en meneer en mejuffrou Nuwejaar pretkompetisies. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Skakel die Pioniersmuseum by 072-323-9758, Caroline Griessel by 071-646-0508 of Soekie Nel (ATKV) by 073-036-8697.

~*~

Woedende inwoners van Rayton en Cullinan het laat weet dat die munisipale asblikke-op-wieletjies glad nie gratis gaan wees, soos die stadsraad gesê het nie. Ná ‘n besoek by die stadsraadkantore in Rayton moes hulle hoor dat jy daarvoor gaan betaal of jy nou die asblik vat of nie. Ons het verlede maand berig dat inwoners van Cullinan en Rayton van Januarie af hulle huisvullis in asdromme met wieletjies aan, op die sypaadjie moet los. Blykbaar gaan inwoners van volgende jaar af R213 per maand vir vullisverwydering betaal, wat dié asblikke se koste insluit. Hulle betaal op die oomblik R75.44 per maand.

~*~

Onthou dat die Nickel Kersmark nog tot 16 Desember aan die gang is. Dié mark by die Paul Jungnickelhuis in Zwavelpoort is elke dag van 9 vm tot 6 nm. Daar is ook ‘n teetuin met ligte etes en ‘n Sondag buffet-ete. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Die mark is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel die Kungwini Welsynsorganisasie by 012-940-0221, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kwo.org.za.

~*~

The last Art@Boardwark market of the year is on Sunday 14 December. The market is set in peaceful surroundings, alongside wooden walkways where you can meander, surrounded by arts and crafts, and even visit the bird hide. There is a play area for children and secure parking. The market is held at the Boardwalk Centre in Faerie Glen, on the corner of Hans Strijdom (Solomon Mahlangu) and Haymeadow Crescent.

~*~

Cullinan se bekende musiektannie, Elna van der Merwe, trek na baie jare uit die dorp. Sy gaan aftree in die Kaap. Die sinkhuis oorkant die hoërskool waar menige kind bekend gestel is aan die wonder van musiek, is verkoop en die nuwe bewoners is glo verbind aan die mediese wêreld.

~*~

Cullinan Junction hou ‘n Kers- en aandmark op die naweek van 19 Desember. Vir die kinders is daar ‘n Kersvader, springkasteel, gesigverf, speletjies en vele om ‘n soettand tevrede te hou. Alle winkeleienaars gaan hulle Kersbome en -liggies aan hê vir dié nagtelike Kersinkopies. Gaste kan koek en tee geniet of deelneem aan die braai en self ‘n vleisie op die kole gooi. Oppistasie sal oop wees, sou enige iemand sterker verfrissing nodig hê.

~*~

Die ou Transvaal-museum (Ditsong Museum van Natuurlike Geskiedenis) bied ‘n ‘Nag in die museum’ oorslaap-geleentheid. Besoekers kan vir ‘n nagtoer bespreek wat ‘n begeleide toer, aandete, skattejag, fliek en vasvra insluit en kan daarna tussen die uitstallings slaap. Die koste is R100 per persoon, aandete uitgesluit. Daar is ‘n minimum van 30 mense nodig om ‘n bespreking te maak. Vat jou eie slaapsak, kussing en flits. Daar is veilige parkering agter die museum in Minnaarstraat. Skakel
012-322-7632 of 012-000-0040.

~*~

Friends of the Faerie Glen Nature Reserve had a Lantana hack on Saturday 22 November from 8 am to 11 am. Lantana is a thorny bush with rather thick stems. The Friends cut the stems to the ground before applying herbicide. For more information about the Friends’ activities, contact Jaco Engelbrecht or Louise Kritzinger at 071-140-4412 or 072-275-0614.

~*~

Henk Botes se vertoning, ‘Cat Stevens Tribute’, is op 17 Desember by die Asbos Teater langs Karoo Café in Lynnwoodweg. Die deure maak 7.30 nm oop en toegang is R100 per persoon. Dié gewilde, twee-ure-lange produksie word al 12 jaar lank opgevoer. Henk, bekende sanger en kitaarspeler, bring met dié vertoning hulde aan die persoon wat ‘n groot invloed op sy musikale loopbaan gehad het. Skakel 082-564-0999.

~*~

Die Lekkerlag Partytjiebus vertrek laatmiddag Oujaarsdag van Mimmos Restaurant in Moreletapark vir ’n stadige rit wat by LJ’s in Tierpoort eindig. Hier word lewendige dansmusiek verskaf, met sangeres Nadine Botha as gaskunstenaar. ‘n Massiewe vuur gaan as tradisie aangesteek word en trommetroebadoers is welkom om hulle tromme by dié vuur te laat praat. Bel Johann Broodryk by
083-432-9052.

~*~

In the spirit of the festive season, Spur Foundation is coordinating a national toy collection drive to put a smile on some underprivileged children’s faces. The collection boxes for new and pre-loved toys will be available throughout December until 16 January at: Oak Ridge Spur (Equestria), Golden Eagle Spur (Atterbury Value Mart), Arapaho Spur (Menlyn Park), Phoenix Spur (Brooklyn Mall), Thunder Valley Spur (Woodlands Boulevard) and Tucson Spur (Cornwall View Shopping Centre) as well as Panarottis and John Dory’s in Menlyn Park.

~*~

Diegene wat vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry, kan steeds die Groot Vyf in ons eie gebied aanskou. Die Dinokeng Groot Vyf Reservaat noord van Cullinan bied ‘n verskeidenheid oornag-geriewe, vanaf kampering tot vier en vyfster verblyf. Die hoofhek, Boekenhoutkloofhek, word as volg bereik: Vanaf die N1 noord, neem die Boekenhoutkloof / Hammanskraal afrit. Draai regs oor die snelweg en volg die aanwysingsbordjies. Skakel 0861-346653. Dan is daar ook die Rietvlei Natuurreservaat met wild wat strek van jagluiperds, buffels, elande en renosters tot waterbokke, sebras en swart wildebeeste. Hier kan jy in ’n oornag-hut bly, kampeer of net piekniek hou by die dam met sy groot verskeidenheid watervoëls. Rietvlei is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Skakel 012-358-1810/1/2.

~*~

The festive season can be a traumatic time for lonely and recently bereaved people. The following help lines are available during the holiday season:
Suicide Crisis Line: 0800-567-567; SMS 31393
Akeso Psychiatric Response Unit 24 Hour: 0861-435-787
Substance Abuse Line 24 hour helpline: 0800-12-13-14; SMS 32312
South African Depression and Anxiety Group Mental Health Line: 011-234-4837

 

© 2024 Die/The Bronberger