Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 24 November 2014 23:39
Untitled Document

Ons hoor, maar ons kan dit nie bevestig nie, dat die Cullinan Hospitaal weer gaan oopmaak. Direkteure van Netcare is glo by dié projek betrokke. Die Cullinan Private Hospitaal is op 30 Maart 2013 deur die Clinix-groep gesluit. Dié groep het die 35-bed hospitaal, voorheen bekend as die Premiermyn Hospitaal, in Oktober 2010 oorgeneem. Die hospitaal is in 1907 deur die Premiermyn gebou.

~*~

NG Gemeente Tygerpoort hou op Sondag 30 November ‘n Kerssangdiens. Daar gaan ‘n reuse kooroptrede wees onder leiding van Anneke Mills en begelei deur Ruanne Ruthvin. Die diens is om 4.30 nm en weer om 6.30 nm. Toegang is gratis. Skakel 012-809-0107.

~*~

‘n Woedende inbeller sê die rede hoekom die hele Tierpoort-kraglyn van Vrydag 31 Oktober tot Saterdag 1 November af was, is omdat ‘n Raumix-vragmotor ‘n hoogspanningspaal gehaak het. Klaarblyklik het Tshwane se werkers op en af gery om die probleem te soek en het dié wat van die oorsprong van die probleem geweet het, soos die graf geswyg.

~*~

Horse Junction is back on the air at www.horse-junction.co.za. This website for horse lovers was launched during 1999 by the late Ronelle de Villiers, who also wrote for The Bronberger in our early years. When Ronelle passed away on 11 June 2006, her husband, Roelof, wished her dream to live on and handed over the site to Izak Hofmeyr, a freelance agricultural journalist and fellow horse fanatic. In ‘A tribute to Ronelle’, the website today still honours her as the driving force behind its success.

~*~

Ons hoor daar word ‘n kos en handwerk mark beplan by Bronberg Wynlandgoed, op die hoek van Lynnwoodweg en die Boschkoppad. Hulle sê die eerste mark gaan in Februarie volgende jaar gehou word en sal elke maand op die eerste Saterdag gehou word.

~*~

With the silly season upon us it would be wise to take note: No person may light or ignite fireworks in any place where animals are present. This includes domestic homes, plots, farms and suburban areas. According to the Tshwane website you can log a fire-related or fire safety complaint at 012-310-6200 or 012-310-6255, or at the Bylaw Enforcement Centre at 012-358-0070. A fine of R1 000 will be payable by perpetrators.

~*~

Die Bapsfontein Hotel is glo nou weer tydelik toe tot nuwe mense oorneem. Die laaste opvoering was op 7 November toe Die Campbells hulle nuutste DVD daar opgeneem het en die danssaal volgepak was. Op die hotel se Facebook-blad het Gert en Annemarie Wolmarans almal bedank wat hulle so getrou ondersteun het sedert hulle die hotel ‘n paar jaar gelede weer oopgemaak het. Ondersteuners sê dit is weereens die einde van ‘n era en dat Gert en Annemarie die Baps weer op die ‘map’ gesit het.

~*~

Ons het ‘n voëltjie gehoor fluit dat daar ‘n weeklikse Boeremark by Get Away Farms naby Rayton beplan word.

~*~

Inwoners van Cullinan en Rayton moet van Januarie af hulle huisvullis in een van daardie groot, swart asdromme met die wieletjies aan, op die sypaadjie los. Die dromme word gratis deur die stadsraad verskaf, maar jy moet aansoek doen vir een deur ‘n vorm in te vul. Jy kan bel of ‘n e-pos stuur om te vra dat die vorm per e-pos aan jou gestuur word – só hoor ons.

~*~

Tellinger en Fresk tree op 28 November om 8 nm by die Asbos Teater langs Karoo Café in Lynnwoodweg op. Jazz-sangeres en liedjieskrywer, Barbara Tellinger, vermaak gehore sedert die laat tagtigs. Sy tree op saam met John Fresk, ‘n eks-Amerikaner wat vir ‘n Grammy as jazz pianis genomineer is. Toegang is R100 per persoon. Skakel 082-564-0999.

~*~

Die Coxsackie virus (hand, mond en voet-siekte) vier hoogty onder jonk en oud in Rayton. Inwoners word gemaan om op die uitkyk vir simptome te wees. Dit begin as rooi kolletjies op die hande of voete, wat binne ure in pynlike blase omskakel. Dié hoogs aansteeklike virus se simptome hou vir sewe tot 10 dae. Al behandeling is om die simptome te verlig. In ernstige gevalle kan die virus brein-, hart-, lewer- en longinfeksies veroorsaak.

~*~

Moenie vergeet van die Unica-mark nie. Dit is van 28 November tot 6 Desember by die NG Kerk Moreletapark in De Villebois Mareuil-weg. Die teetuin en restaurant is van 9 vm tot 9 nm oop en die mark se opbrengs is vir leerlinge met outisme. Vir meer inligting skakel 082-905-6531.

~*~

Gospel@Pub word elke Sondagaand 6 uur by Rafters op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof, gehou. Toegang is gratis. Kontak organiseerder Christine Lemley by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-880-8484.

~*~

Ons hoor dat die sluipdief wat onder meer mense se selfone in die Cullinan-Spar gesteel het, uiteindelik deur twee skoolseuns van die Cullinan Gekombineerde Skool vasgetrek is. Manny van die Spar moes die sluipdief glo self na die Cullinan-Polisiestasie (skaars ‘n 100 tree van die winkel af) neem.

~*~

‘n Nuwe vlooimark word op Vrydagmiddae in die hoewegebied langs Woodlands Mall gehou. Jy draai uit Garstfonteinweg uit met Boendoeweg. Dit is by ‘n plek genaamd ‘The Collection’ waar ook allerhande antieke en mini-kar- en trein-versamelings is. Toegang is R20 vir volwassenes. Skakel 012-993-3638.

~*~

Die beste vyf-ster hotel in Gauteng is in die Bronberg-omgewing. Villa Amor in Shere is deur die Departement van Toerisme as provinsiale vyf-ster hotel wenner aangekondig en het die Lilizela Toerisme Toekenning gewen.

 

© 2024 Die/The Bronberger