Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 27 October 2014 23:17
Untitled Document

Die Aarbei- en Wynfees is net om die draai. Dié fees word op 1 en 2 November by Lakelands Aarbeiplaas op plot 23, Tierpoort gehou. Daar gaan wynuitstallers, ‘n sjokolade-maker, kaasmaker en vermaak wees en mense kan hulle eie aarbeie gaan pluk en op trekkerritte deur die plaas geneem word. Skakel 072-942-5111.

~*~

Die NG Kerk Rayton hou op Saterdag, 22 November ‘n ‘Kersliedere onder die sterre’ byeenkoms. Die bome op die kerkterrein gaan met Kersliggies versier wees en Edith Schmidt se musiekmakers gaan die samesang lei. Worsbroodjies, kerrie en rys, pannekoek en koeldrank is vanaf 5 nm te koop. As jy jou onderneming wil adverteer deur ‘n boom te versier, of as jy lus is om sommer net saam met jou gesin ‘n boom te versier, bel Etienne Koekemoer by 074-273-2027 of Linda Snyders by 082-563-0437 en gaan kies jou boom. Vat jou man, vrou, kinders, oumas en oupas, ooms en tannies, jou eie stoel of kombers en gaan sing saam. Toegang is gratis.

~*~

Die jaarlikse Moerbeifees word op 15 November van 9 vm tot 3 nm by Rustfontein-plaas 8 km buite Bronkhorstspruit gehou. Daar is vermaak vir oud en jonk, volop te ete en drinke, kuns- en handwerk-kraampies en ‘n potjiekoskompetisie. Vir meer inligting of om ‘n kraampie te bespreek, kontak Yvette by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 087-805-2500.

~*~

‘n Vier-by-vier opedag word op 8 November by Sandwani Game Lodge, noord van Cullinan gehou. Besprekings is noodsaaklik. Skakel 071-659-4109 of 082-673-7316.

~*~

Unica-mark is van 28 November tot 6 Desember by die NG Kerk Moreletapark in De Villebois Mareuil-weg. Die mark is op Sondae gesluit. Daar is ongeveer 180 uitstallers om van te kies by dié mark wat in Kerspersente spesialiseer. Vanjaar is die teetuin en restaurant van 8 vm tot 8 nm oop. Die opbrengs is vir die Unica Skool vir leerlinge met outisme. Vir meer inligting skakel 082-905-6531 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Sou Takkie dalk oom Boom se seun wees? Die foto is op die Boschkop/Tierpoort grondpad langs Lakelands aarbeiplaas geneem.

~*~

Juliette Whelpton se boek, ‘Fleur – Helde met hoewe’, is op 17 Oktober by Terrouges Equestre in Mooiplaats bekendgestel. Dit is die Anglo-Boere-oorlog verhaal van Fleur, generaal Christaan de Wet se perd, soos vertel uit die perd se eie bek. Dié jeugverhaal word met interessante gegewens, aantekeninge en oorlogfoto’s afgewissel. Vir meer inligting, bel Jessie van Eck by 074-752-3411.

~*~

Twee vrouens wat by die Premier Apteek in Cullinan werk se voertuie is Saterdagoggend 11 Oktober gesteel.

~*~

Die jaarlikse Nickel Kersmark is van 29 November tot 16 Desember by die Paul Jungnickelhuis in Zwavelpoort. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Die mark is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel die Kungwini Welsynsorganisasie by 012-940-0221, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kwo.org.za.

~*~

Why are diamonds found in and around Cullinan? Where does the Silica sand come from? The Cullinan Conservancy will be presenting a lecture on the geology of the Magaliesberg, one of the oldest mountain ranges in South Africa, with an intriguing history of how it evolved to its present state. The lecture will be on 22 November at 9 am at aHa Idea Catalyst, plot 121, Rietfontein in the Donkerhoek area. The cost, which includes brunch, is R100 per adult and R50 per learner. For further information contact Joan du Toit on 082-681-5122 during office hours.

~*~

Anton Goosen en Beeskraal tree op 15 November by Woes Lekker in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort op. Toegang is R110 vir volwassenes en R50 vir kinders. Vir meer inligting, skakel
076-938-5855.

~*~

Die De Wildt Plaasfees is op 7 en 8 November. Die ‘Funduro’ bergfietsresies word vanaf 8 vm gehou en DJ Ossewa, Maruche Smith, Rodeo Girls, Billy Forrest en Dalene Genis, Pieter Naude en Jennifer Zamudio tree op. Daar is ook kinderpret, markstalletjies en ‘n watergat. Bel Rina by 071-110-6907 of Anton by 082-574-0543.

~*~

Die volgende Cullinan Antiek- en Versamelaarsmark is op 16 November van 9 vm tot 3 nm in die Premier Hotel se parkeergrond. Neem jou antieke versamelstukke vir evaluasie. Bel Maudie by
071-154-2401.

 

© 2024 Die/The Bronberger