Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 25 September 2014 18:12
Untitled Document

Did you hear that our men and women in blue at the Boschkop Police station have opened their hearts and their premises to some four-legged community members? A group of feral cats have taken up residence at the police station. With the help of some local cat lovers, these cats have been neutered, spayed and inoculated and are being fed daily and can now safely live out their lives under police protection.

~*~

Oktober is blomme-maand. Geniet op 18 Oktober ‘n oggend in die veld saam met die Cullinan Bewarea. Petro Lemmer gaan mense begelei op soek na inheemse lenteblomme. Vir meer inligting, bel Joan-Louise du Toit by 082-681-5122.

~*~

Lesers kan uitsien na ‘n feesrit op ’n dubbeldekker musiek-en-partybus, opgevolg met dans, wynproe van die Polka-reeks en Cultivar wyne van die Stellenbosch-Hills, en ‘n ete onder die grote sterrehemel. Die musiekbus met ’n kontantkroegie ry op Saterdag 4 Oktober met Garstfonteinweg-verlenging en eindig by LJ’s in Tierpoort, waar grapjafels hulle snaaksste stories en staaltjies om die vuur kan vertel. Die bus vertrek om 4 nm vanaf Brazens Head Restaurant, op die hoek van Garstfonteinweg en Rubinsteinweg, Moreletapark. Die busrit, versnaperings en aandete kos R200 per person. Bel Johann Broodryk by 083-432-9052 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Die personeel by Cullinan- en Rayton-apteek hou ‘n Kankerbewustheidsweek van 6 tot 11 Oktober. Die tema is “Dra ‘n hoed vir Kanker”. Die apteek wil die gemeenskap bewus maak van die effek van kanker op die mens en sy omgewing en ook waardevolle inligting oor die werksaamhede van CANSA aan die publiek gee. In dié week sal daar inligting oor verskeie kankers gegee word, en ‘n kompetisie gehou word. Daar is ook ‘n “CUP A CANSA” op Saterdag 11 Oktober van 9 vm tot 1 nm by Die NG Kerk Premiermyn, hoewe 12, Zonderwaterstraat, Cullinan. Vir meer inligting bel Rita Matthee by Cullinan Apteek: 012-734-0557.

~*~

In Julie het ons berig dat ‘n bekommerde Shere-inwoner in besit is van ‘n bos sleutels wat dalk aan ‘n voertuigdiefstal gekoppel kan word. Hy het gesê as die seekoei aan die sleutelring vir jou bekend lyk, die kanse goed is dat jou Toyota Corolla verlede jaar in Julie of Augustus gesteel is. Dié inwoner, wat nie sy naam bekend wil maak nie, het laat weet dat iemand hom oor dié berig gebel het, maar dat hy toe in ‘n vergadering was en nie kon praat nie. Hy vra dat die persoon hom groot asseblief weer moet terugbel by 083-439-6660.

~*~

Beswaarskrifte is deur inwoners van Rayton en omgewing ingedien, teen die plan van ZCC Zimbabwe om ‘n plek van aanbidding op ‘n hoewe in die Rooikoppies-gebied te vestig. Die beoogde ontwikkeling sluit ‘n kerk vir sowat 2 000 mense en ‘n klooster in. Die beswaarskrifte is by die Departement van Landbou en die Tshwane Metroraad ingedien.

~*~

Soek jy 'n kat-kind of is jy dalk bereid om wilde katte op jou plaas of plot 'n heenkome te gee om rotte uit buitegeboue te hou? Kontak Engela James by 083-468-3143. Sy beywer haar om katte uit haglike omstandighede te red en vir hulle huise en heenkomes te vind.

~*~

Dit is vanjaar 300 jaar sedert Gerrit van der Linde, stamvader van die meeste Suid-Afrikaanse Van der Lindes, by die Kaap aan wal gestap het. Die Van der Lindebond reël ‘n familiefees op 20 en 21 September te Swallows Inn buite Magaliesburg om dié gebeurtenis en hulle erfenis te herdenk. Besoek hulle webwerf by www.vanderlinde.org.za of bel vir Lulu by 014-577-0054 of 082-945-4829. Die organiseerders kan ook by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it gekontak word.

~*~

Wet Nose is celebrating its 15th birthday and Homeless Animals Day on Saturday 27 September. There will be a dog walk, an agility show with a beautiful twist, rehabilitation awards, a doggie pageant, an animal hospital tour, sleep-a-thon, flea market and beer tent. Wet Nose is on plot 75, Vaalbank on the old Bronkhorstspruit road. Phone them at 013-932-3941/2 or 082-677-8084.

~*~

Die Tierpoortse Lakelands Aarbeiplaas hou op 1 en 2 November ‘n Aarbei- en Wynfees. Daar gaan wynuitstallers, ‘n sjokolade-maker, kaasmaker en vermaak wees en mense kan hulle eie aarbeie gaan pluk. Skakel 072-942-5111

 

© 2024 Die/The Bronberger