Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 26 August 2014 08:13
Untitled Document

Die volgende vergadering van die Boschkopse GPF is op Donderdag 18 September. Dié vergaderings word gewoonlik by die Farm Inn gehou, maar dit sal nog bevestig word. Stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it as jy meer inligting verlang.

~*~

Ná bykans ‘n dekade se handeldryf is daar nou ‘n kennisgewing opgesit wat aandui dat Ndlovu Lodge aansoek om te hersoneer na ‘n ‘lodge’ doen. Die afsnydatum vir besware was 24 Julie. Ongeveer ‘n dekade gelede, toe Peter Harris dié drieverdieping oornagplek langs die Zwavelpoort-teerpad gebou het, het hy dit ‘n woonhuis genoem. Die Bronnie het destyds baie lesersbriewe van beswaarde inwoners, wat aangedring het dat dit ‘n ‘lodge’ en nie ‘n woonhuis is nie, gekry. Tot almal se verbasing lyk dit of dié oornag en funksieplek teen die hange van die Bronberg se Glastonbury-rif dan toe wel al die jare net as ‘woonhuis’ geklassifiseer is.

~*~

De Wet Potgieter het sy boek, ‘Black Widow, White Widow’, op 5 Augustus by Rafters, oorkant Mooikloof, bekendgestel. Dié boek handel oor die vraag of Al Qaeda in Suid-Afrika werksaam is. Die boek word deur Penguin Books uitgegee.

~*~

Alle kunsliefhebbers kan op 19 September die opening van ‘n uitstalling op plot 80, Tierpoort bywoon. Die uitstalling word deur Die Aula aangebied en die opening is op die Vrydag, 6:30 nm vir 7 nm. Op Saterdag en Sondag, 20 en 21 September kan die kunswerke tussen 9 vm en 5 nm besigtig word. Vir meer inligting, bel Mariet by 082-787-0213.

~*~

It is time for Montessori Academy and College’s Plotklop Fête from 8 am until late on 30 August. The open day starts at 10 am and the Colour Frequency Festival from 5 pm. This festival of dance is hosted by school-going DJs, and celebrated by clouds of colour being thrown in the air hourly. The venue is at plot 84, Zwavelpoort. For more information, dial 012-996-3312/3/5.

~*~

Valleisig Gemeente se jaarlikse ValleiPartei is op Saterdag 30 Augustus van 8 vm tot 4 nm. Dit sluit in ‘n vlooimark, korporatiewe mark en kindermark, ‘n plaasstal, snoekbraai, 4x4 baan, restaurant, bobaas pannekoekbakkers en trompoppies. Bel Annerie by 072-236-0863, Alwyn by 084-404-3839 of Marius by 082-888-3932. Valleisig is op die hoek van Tipperary- en Mayostraat, Faerie Glen.

~*~

Grietjie van Grieandre Yorkies sê sy het soveel reaksie uit haar advertensie in die Bronnie gekry dat haar Yorkies nie kan voorbly om te teel nie. Dis hoekom sy haar advertensie vir ‘n rukkie moet uithaal.

~*~

The Creative Writing Recital Evenings at Karoo Café in The Willows have become a monthly event. Take along something you’ve written, such as a film or play script, short story, poem, song or novel. The readings are in the adjoining Asbos Theatre from 7 pm to 10 pm. For monthly reading dates, phone Hedy Kohl at 012-807-1700 or 079-531-5963, or Marica at Karoo Café: 012-807-6063.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger