Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 29 July 2014 08:55
Untitled Document

Gevalle waar honde in Bashewa met organiese fosfaat vergiftig is, is onlangs aangemeld. Organiese fosfaat kom in dipstowwe voor. Atropien kan as teenmiddel ingespuit word, maar dit moet in oorleg met ‘n veearts gedoen word, omdat die teenmiddel ook dodelik kan wees as dit verkeerd toegedien word.

~*~

Mense wonder wat deesdae by Cullinan se hotel aangaan – daar word verwoed skoongemaak, onkruid word uitgehaal en die hele plek gereed gemaak vir iets. Gaan die hotel weer oopmaak? Dié geskiedkundige hotel staan al ongeveer twee jaar lank toe. Maudie Wehmeyer van Ya-Ya’s Trading sê sy maak die hotel op 1 September oop. Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

~*~

Wet Nose Dierereddingsentrum is vanjaar 15 jaar oud. Hulle gaan dié verjaarsdag in September op Hawelose Dieredag vier. Dié instansie het in 1999 by Edelweiss in die noorde van Pretoria begin. Hulle het kort daarna na Zwavelpoort geskuif en is die afgelope paar jaar op plot 75, Vaalbank op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 013-932-3941/2 of 082-677-8084, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wetnose.org.za.

~*~

Daar is beweging op die houtdek op die hoek van Oaklaan en Hotelstraat, Cullinan. Nee, dit gaan nie soos vroeër beplan ‘n teetuin en galery word nie. Cullinan kry ‘n restaurant wat boerekos uit toeka se tyd gaan voorsit. Boerie’s Deck gaan op 15 Augustus oopmaak.

~*~

Hans Lombard, gewese kranige sjef van Bronberg Lodge, sê die gerugte oor sy afsterwe is ietwat oordrewe. Hans het wel sy sig verloor en moet deesdae met ‘n kunsbeen oor die weg kom, maar hy sê dit gaan in die omstandighede goed, dankie. Volgens Hans is dit nogal effe ontstigtend as hy ou Bronbergers raakloop wat hom vra of hy dan nie dood is nie. En dit gebeur nogal dikwels, sê Hans. Hier is ‘n baie onlangse foto van Hans.

~*~

Almal se Mark@Pioniers is op Sondag 3 Augustus met gaskunstenaar Maruché Smith. Dié mark is elke eerste Sondag van die maand by die Pioniersmuseum in Keuningstraat, Silverton en bied oudhede, vars- en deli-produkte, kuns en handwerk. Toegang is gratis. Bel Rina by 071-110-6907.

~*~

Werk aan die Cullinanse Biblioteekpark, agter die polisiestasie, het uiteindelik ná ‘n jaar en ‘n half se stilstand, weer op dreef gekom. Dié projek wat in September 2012 afgeskop het, het by die grondwerke-fase vasgesteek en bly staan. Grondwerke moes in Januarie 2013 afgehandel gewees het, bouwerk moes in Februarie 2013 begin het en die projek sou teen die einde van Desember 2013 klaar gewees het. Die aanvanklike geraamde koste van dié Tshwane-projek is R51 miljoen.

~*~

Op soek na ‘n gehoor vir jou sangtalent of dalk soek jy na ‘n plek waar jy jou musiekinstrument kan bespeel? Die Boskombuis hou op Sondae ‘n ‘unplugged’ musiekdag waar enigiemand om die kampvuur kan gaan deelneem. Net vir die pret, sê Reneé Thomson. Hulle is gerieflik naby die N4 snelweg en die Rayton/Cullinan-kruising. Bel Reneé by 083-485-2529.

~*~

Misty Meadows hou Safehouse se jaarlikse galadag, met optredes van Dewalt Wasserfall, Willem Botha, MoniQue, Pieter Koen en Marius Karstens, op 9 Augustus. Safehouse is ’n welsynsorganisasie wat behuising aan vroue en kinders wat mishandel word, bied. Die tema is die Durban July en ongeveer 600 gaste word verwag. Misty Meadows is in Rietfontein, naby die ou Bronkhorstspruitpad. Verrigtinge begin 2 nm. Kontak Yvette Human by 083-604-4048 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

~*~

Join the Country Dance with a live band and line dancing at La Viola, plot 21, Cullinan on 29 August from 7 pm to midnight. Arri is the performing artist and entry is R100 per person. The best theme-dressed couple will win a prize. Take your own drinks and picnic basket. For more information, phone Louise at 071-606-6213.

~*~

Die volgende Cullinan Antiek- en Versamelaarsmark is op 17 Augustus van 9 vm tot 3 nm. Neem jou antieke versamelstukke vir evaluasie. Bel Maudie by 071-154-2401.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger