Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 May 2014 23:09
Untitled Document

Die Bronnie se drukkers, Seriti Printing, is vanjaar in die uitgelese, landwye Sappi-kompetisie vir drukwerk-gehalte, as die algehele wenners aangewys. Ons by Die Bronberger sê geluk en dankie vir die gehalte en die diens. Gaan kyk gerus na hulle advertensie op bl. 31 van dié uitgawe.

~*~

Nilo Botha van Wapadrand sê sy en haar suster gaan ‘n grondeis instel op die plase wat die regering dekades gelede as trustgebiede geneem het. Haar Malan-familieplase sluit vandag se Brandbach-, Papkuilsfontein- en Rietfontein-distrikte in. Sy sê dat Brandbach in die 1850’s in die Lydenburg Republiek geval het.

~*~

Cullinan se krieketklub gaan weer aktief begin raak. Almal in die gebied word genooi om nader te staan: Mans en vroue vanaf 17 jaar oud kan gerus skakel. Op 31 Mei en 14 Junie begin oefening vanaf 10 vm by Cullinan-krieketveld. Hulle wil met dié oefening begin beplan aan die liga wat voorlê. Op 21 Junie is daar ‘n krieketkliniek vir juniors vanaf o/9 tot o/15 by Cullinan-krieketveld. Alle spelers en hulle ouers is welkom. Vir meer inligting, kontak Dawie Badenhorst by 072-236-0336 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

A wedding expo will be held in Zwavelpoort on Saturday and Sunday 24 and 25 May from 9 am to
3 pm at Riverside Castle, Lynnwood Road extension. This is your chance to look at wedding dresses, décor hire, florists, photographers, wedding invitations, videographers, make-up artists and hairdressers. The tea garden will be open for a light lunch and there is no entrance fee. Contact Anell Beyer at 012-809-2676 or 071-602-6285 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Rainer Kohl van plot 76, Ilanga, Die Wilgers, het sy nuwe versameling skilderye van 2 tot 4 Mei by Studio 14 Galery in Cullinan se Oaklaan uitgestal. Die uitstalling het die Vrydagaand met ‘n sonsak-en-sterreprag geleentheid met Glüwein en kaas, afgeskop.

~*~

Almal se Mark@Pioniers is elke eerste Sondag van die maand by die Pioniersmuseum in Keuningstraat, Silverton. Op 1 Junie is daar ‘n ‘Country’ Fees met die Rodeo Girls en Henri van Vuren, Dixi, Nadine, Sharné, Corné en Sarah-Lee Johnson as gaskunstenaars. Dié mark bied oudhede, vars- en deli-produkte, kuns en handwerk. Toegang is gratis. Bel Rina by 071-110-6907.

~*~

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se jaarlikse gedigtekompetisie sluit op 30 Junie. Die tema is die Rebellie van 1914 en daar is vier kategorieë waarin deelgeneem kan word: Ope, voorgraads, hoërskool en laerskool. Die wenners word by die GHA Glansaand op 1 November aangekondig. ‘n Bloemlesing met ‘n keur van die gedigte, ‘Stemme uit die Suiderland IX’, word dié aand vrygestel. Bel voorsitter André Alkema by 082-570-0184 of 012-335-3321, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.afrikaans.org.za.

~*~

Visit the new Moonlight Market on 30 May at Farm Shed on Garstfontein Road Extension. Enjoy the peaceful farm atmosphere with plenty of food, drink, a play area for children and a live band. Stalls are available at R50. Take your own light, chairs, tables and blankets. Contact Soritha: 082-228-9186 or Elize: 074-248-810.

~*~

Die volgende Cullinan Antiek- en Versamelaarsmark is op 15 Junie van 9 vm tot 4 nm in die ou Rec-klub-gebou in Cullinan. Neem jou antieke versamelstukke vir evaluasie. Bel Maudie by 071-154-2401.

~*~

Alle kunstenaars word uitgenooi om hulle kunswerke voor te lê vir die Poort Kunsuitstalling wat van 19 tot 21 September deur Die Aula in Tierpoort gehou gaan word. Dié uitstalling is die eerste in dit wat die organiseerders as ‘n jaarlikse gebeurtenis beplan. Die uitstalling gaan op plot 80, Taustraat, Tierpoort gehou word. Bel Juanita by 082-040-9798, Mariet by 082-787-0213 of Carla by 083-265-2582.

~*~

Sunday 8 June will be the first time that artist Katanya (Jeanette Smith) will reveal her entire collection. This art exhibition on plot 92, Saints Street, Zwavelpoort, next to Presda School, will be from 11 am to 3 pm and 90 artworks will be for sale. The exhibition will be opened by Estelle Kovacs from Unisa. There will also be a live classical music performance and wine tasting. Cheese and wine, boerewors rolls and beer will be for sale. For more information call 083-326-9086.

~*~

Rocking The Brewhouse is die naam van die Valiant Swart opvoering wat op Saterdag 30 Mei in die park oorkant Cockpit Brewhouse in Cullinan gehou gaan word. Die aand met begin om 6 nm met ‘n optrede van Colourful Counterfeit. Valiant volg om 7 nm. Kaartjies is R100 per persoon. Om te bespreek skakel 012-734-0656 of 082-902-9669.

~*~

Get a team together and join the Chef Cook-off at Casa-Lee Country Lodge on the farm Rietfontein in the Donkerhoek district on 4 June. The chef morning starts at 8 am when the chefs will start preparing a meal for ‘A night with the Mad Hatter’, a formal dinner fundraiser in aid of Epilepsy South Africa. The chef and assistant is responsible for building their own mobile kitchen, which will be judged for neatness throughout the day, and decorating a table for a minimum of 10 people according to the Mad Hatter theme. Chefs must use their own crockery, cutlery and glassware. The entry fee for the competition is R500 per kitchen and R250 per person. The dinner starts at 6.30 pm. Contact Tertius Meyer at 082-328-1424 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Kobus Vermaak at 082-848-5256 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger