Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 April 2014 23:48
Untitled Document

Die 50/50 TV-span het die laaste week in Maart begin opneem aan ‘n episode oor die Bronbergrif. Volgens 50/50 se Russell Perks het dié span ‘n e-pos oor die gebou/huis wat teen die Bronbergrif agter die Faerie Glen Natuurreservaat opgerig word ontvang en besluit om ‘n program oor die bewaring van die Bronbergrif te maak. Petro Lemmer is gevra om meer inligting oor die plantspesies in dié omgewing te gee en professor Sarita Maree om inligting oor klein soogdiere te gee.

xxx

Die eerste jaarlikse Howdy Country Bosjol is op Saterdag 3 Mei van 11 vm tot laat by die Boskombuis buite Rayton. Daar tree 10 kunstenaars op: HunTer (Monique Leite), Christo H Bear, Jerome Alden, Eddie Bekker, Ronelle Berrington, Solette Els, De Klerk JDK, Jacques Holzhausen, Willie Steyn en Alida Luus. Toegangskaartjies kos R50 per volwassene, R20 per 12-18-jarige en kinders onder 12 jaar gaan gratis in. Kaartjies kan by die hek gekoop word, of vooraf by Liza Welsh: 074-120-2079 of Ronelle Berrington: 071-108-4367. Besoekers kan uitsien na ‘n vlooimark, kindervermaak, smullekker kos, 'n kontantkroeg, ‘n meganiese bul, ‘n vertoning deur Jerome Alden met sy toertjie-perd en ‘n perdevertoning deur Lift Terapeutiese Perdryskool. Die fondse is ten bate van SOFFT, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat gesinne met kinders wat langtermyn mediese probleme het, ondersteun.

xxx

Die Cullinan Antiek- en Versamelaarsmark word voortaan op die derde Sondag van elke maand van 9 vm tot 4 nm in die ou Rec-klub gehou. Die nuwe datums is 20 April, 18 Mei, 15 Junie, 20 Julie, 17 Augustus, 21 September, 19 Oktober, 16 November en 21 Desember. Bring jou antieke versamelstukke saam vir ‘n evaluasie. Kontak Maudie by 071-154-2401 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Die Bronnie het ‘n anonieme vraag ontvang van iemand wat gereeld in Lynnwoodweg-verlenging ry. “‘n Mens waardeer so ‘n pragtige skool soos Tyger Valley College in die omgewing, maar kan hulle nie asseblief reël dat die verkeerslig volgens skooltye gestel word nie? Veral na-ure en in die nag en vakansietye raak ‘n mens erg gefrustreerd om daar te sit en wag. Snags is dit gevaarlik ook.

xxx

The new Art@Boardwalk market takes place every second and last Sunday of the month from 10 am to 3 pm at the Boardwalk Lake, corner of Solomon Mahlangu Drive and Haymeadow Crescent, Faerie Glen. In May the dates are 11 and 25 May.

xxx

Gemeenskapsveilings word elke Vrydagoggend 11 uur op die B-House perseel op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat gehou. Verkoop dit wat jy nie meer wil hê nie dieselfde dag nog. Skakel 082-412-6721.

xxx

Art in the Dark is the name of a new monthly night gallery event in Cullinan, including 300 artworks and 30 artists. Every first Friday of the month, starting at 5 pm, art visitors can make the mad dash among galleries, taking in the fine art exhibitions, jewellery and diamonds. They can indulge in wine or craft beer tastings before going for dinner and then staying overnight in one of Cullinan’s numerous guest houses. Night tours of the McHardy House Museum are available at R15 per person at 6.30 pm and 7 pm. Who knows? You might see a ghost or two. For more information send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Omkring Saterdag, 31 Mei solank op jou kalender. Dit is weer tyd vir die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum. Kyk volgende maand uit vir meer besonderhede oor dié hoogtepunt op die museum se jaarprogram.

xxx

Ons hoor daar was op 8 April ‘n rooftog in Onverwacht. Die polisie het reageer en ‘n jaagtog en skietery het glo ontstaan. Vier verdagtes is gevang en gesteelde goedere is terug gekry. Een verdagte is glo gewond. Die ondersoek is nog aan die gang.

xxx

Cullinan Diamond Mine held a youth sport development day at the mine’s sport grounds on 29 March. Cullinan, Rayton, Refilwe, Mamelodi and Bronkhorstspruit were represented by 150 children. The Blue Bull youth sports development section presented clinics in the development of rugby skills as well as coaching skills and referee principles. The Cullinan Diamond Mine Rugby Club coordinated the event and the sponsors included BBRU, Cullinan Rugby Club, Future Life and Petra Diamonds. Peter and Putco provided transport from Refilwe.

 

© 2024 Die/The Bronberger