Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar2014 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 25 March 2014 11:58
Untitled Document

Martie Engelbrecht sê ons moet tog iewers in Die Bronberger vertel van die man op die hoek van Hans Strijdomrylaan en Lynnwoodweg-verlenging. As jy by die verkeerslig oos in Lynnwoodweg draai staan daar ‘n man met spierwit hare. Hy hou ‘n bord vas wat sê dat hy werk soek. Martie sê hy kan blykbaar boer, ken alle plaasdiere en weet hoe om met hulle te werk. Soek iemand nie dalk ‘n voorman nie?

xxx

Die heel eerste ‘Tree Top Arts and Crafts’ mark by die Boskombuis word op Sondag 30 Maart gehou. Dié kuierplek is dan ook vanaf 30 Maart meer dae per week oop en verwelkom hulle nuwe sjef, Fanie die Boschef, wenner van die TV braaikompetisie. Hou solank 3 Mei oop vir die Boskombuis se musiekfees ten bate van die ‘Save Our Families Foundation (SOFFT). Dié liefdadigheidsorganisasie ondersteun die families van kinders wat chronies siek is. Die musiekfees by Boskombuis gaan ‘n jaarlikse instelling word, genaamd, Country Bosjol. Vir meer inligting, kontak Reneé Thomson by
083-485-2529.

xxx

‘n Lig gesinskonferensie word op Saterdag 12 April van 8 vm tot 1 nm by die NG Gemeente Tygerpoort gehou. Dié konferensie werp lig op die lekker en swaar van gesinsverhoudings en die sprekers is: Zane Meas, bekende akteur en stigter van ‘Fatherhood Foundation of SA', Elsa Struwig, kliniese maatskaplike werker, ds Alex Clark van NG Elarduspark en dr Zander van der Westhuizen van NG Tygerpoort. Vir meer inligting en om in te skryf, besoek www.ngtyger.com. 

xxx

Swaeltjie’s Steven Dikobo, last year’s City To City Ultra-Marathon winner, is going to take part in the Two Oceans Marathon on 19 April. If you regularly drive around the Swaeltjie or Boschkop area, you most likely would have seen Steven training along the roads.

xxx

Die tweede Cullinan Antieke en Versamelaarsfees word op 29 Maart van 9 vm tot 3 nm in die Ou ‘Rec’ klubsaal in Cullinan gehou. Bel vir Maudie by 071-154-2401 of 083-601-2494.

xxx

Dit het beurtkrag gekos om die 24/7 straatligte in Lynnwoodweg-verlenging vir die eerste keer in ‘n anderhalf jaar vir ‘n wyle te doof. Dit lyk darem ook of enkele van die ligte nou ‘geblaas’ het en nie weer vervang word nie. Ons hoor ‘n paar ouens van die omgewing meen dat die straatlampe permanent afgesit kan word bloot deur ‘n kettieskiet-kompetisie aan te lê. Wyk 101 se raadslid, André van der Walt, het gesê dat die situasie nou al vir maande aangaan sonder enige oplossing of terugvoer soos aanmekaar aangevra. Hy het einde Februarie vir Leonard Bakkes van die metroraad gesê dat die inwoners nou al lag vir die situasie en dat dit al telkemale in Die Bronberger was.

xxx

Titans Hair and Beauty is going to have a dinner, dance and fashion show on Friday 28 March at Bronberg Wine Estate in Zwavelpoort. The event starts at 6 pm for 6.30 pm and tickets are R150 per person. Wine and beer are included and there is a cash bar available for any other alcoholic beverages. The function is in aid of Kungwini Welfare. For more information, contact Sharon at 081-545-4434 or Hendriëtte at 082-895-5595.

xxx

As jy van jou ou meubels, tweedehandse klere of wit olifante wil ontslae raak, moenie vergeet dat die Kungwini Welsynsorganisasie dié goed by jou huis sal gaan oplaai nie. Bel hulle by 012-940-0221.

 

© 2024 Die/The Bronberger