Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 12 December 2013 22:16
Untitled Document

Die Welbekendse Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) poog sedert 15 Julie om `n antwoord uit die Tshwane Metroraad te kry oor die wettigheid van Q4 Fuels se bedrywighede op hoewe 35C, Tiegerpoort. Q4 direkteur, Dreyer van Niekerk, het in 2011 aan Die Bronberger gesê dat die tenkplaas nie gebruik word om petrol te stoor nie, maar om sonneblomolie te herwin en om die maatskappy se trokke te stoor. Dié GPF is van mening dat dit net `n kwessie van tyd is voor dié trokke `n noodlottige ongeluk gaan veroorsaak. Hulle het die bestuurder van die Metro-verkeersafdeling, Angelique van der Walt, ná ‘n onlangse vergadering genooi om na die sleepmerke aan beide kante van Q4 se ingang in Garstfonteinweg-verlenging te gaan kyk.

xxx

Doug Edmondson van Brittanje het sy ou vriend, saam met wie hy 50 jaar gelede Suid-Afrika toe gekom het, probeer soek. Hy het dié vriend se naam op die Bronnie se webtuiste gekry, maar omdat hy nie Afrikaans kan lees nie, het hy gevra of ons sy vriend se kontakbesonderhede vir hom kan gee. Ongelukkig is Rex Holmes, ’n bekende Cullinan-inwoner, op 23 Augustus 2010 op sy fiets doodgery. Doug was baie geskok en het gesê dat Rex destyds sy fiets aan sy tas vasgemaak het toe hulle na Suid-Afrika gekom het.

xxx

The next Cullinan Visual Arts Exhibition is on Saturday 14 December from 9 am to 5 pm and on Sunday 15 December from 11 am to 5 pm at the NH Church Premier Mine Hall. Paintings and sculptures of some of South Africa’s finest artists as well as international artists will be exhibited. There will be an assortment of Du Plooy’s cheese and a wine tasting. The church’s tea garden will be catering for lunch, snacks and refreshments and there will be credit card facilities. The entrance fee is R20 per person. For more information, contact Norbert Schling at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 084-254-3495; or Suzette Botes at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 084-515-0520.

xxx

Onthou dat die Nickel Kersmark nog aan is tot 16 Desember van 9 vm tot 6 nm, sewe dae ‘n week. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die Paul Jungnickelhuis in Zwavelpoort. Die mark is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel die Kungwini Welsynsorganisasie by 012-940-0221 of besoek www.kwo.org.za.

xxx

Cecile Kriek, dr Nico Kriek se eks-vrou, het gebel om te sê dat Johannes Jafta, woordvoerder vir die Cullinan-Polisiestasie, gefouteer het deur te sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek ná die motorongeluk wat tot Nico se dood gelei het. Geen ander voertuig was by die ongeluk betrokke nie en wyle dr Kriek was alleen in die motor toe die ongeluk gebeur het.

xxx

Helena Liebenberg lewer op 14 Desember om 10:15 vir 10:30 vm ’n voordrag oor ‘Woordreis na die brontaal – ’n belewenis van die hart’. Sy beskou van die oudste woorde denkbaar wat in Afrikaans as oer-erfenis steeds in ons alledaagse taalgebruik in bewaring gehou word. Afrikaans se taal-DNS loop deur 17de-eeuse Nederlands na ’n nog ouer taalvorm – ons taalfamilie se brontaal. Etlike kerngedigte in haar bundel, ‘Rooswater – Bloemlesing’ gaan oor dié onderwerp. Sy verwys ook na die krag van simbolisme in taal, woorde van vrede en die heilige taal van die moederskoot as ons erfskat. Die voordrag is in die Voortrekkermonument se kunsgalery. Bespreek by 083-258-1342, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Ons hoor dat Cullinan se oudorp-inwoners in November munisipale waterrekenings van derduisende Rande gekry het. Die rede is klaarblyklik die installasie van die nuwe watermeters wat wys dat vorige maande se skattings van waterverbruik heeltemal te laag was. En nee, die metroraad gee nie uitstel- of afbetalingskans nie. Dis die ‘wet van Transvaal . . .’

 

© 2024 Die/The Bronberger