Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 October 2013 23:19
Untitled Document

Lakelands Landgoed en Aarbeiplaas hou op 2 November van 9 vm tot 3.30 nm ‘n Aarbeifees. Daar is nog kraampies beskikbaar en die fees gaan volop vermaak vir jonk en oud bied - soos springkastele, ponieritte en trekker-en-sleepwa ritte. Op dié aarbeiplaas kan jy ‘n piekniekmandjie bespreek om na die rivier-oewer te neem, of jy kan in ‘n boma langs die rivier kuier met braaipakke, en jy kan ook vars aarbeie in seisoen pluk. Die fees is op plot 23, Tierpoort op die Tierpoort/Boschkop grondpad. Skakel 072-942-5111 of 073-571-7442.

xxx

African Blessings is having a Mulberry Festival on 16 November. There will be a tea garden, go-karts, a jumping castle, water slide, live band, pony rides, flea market, mountain bike race and potjiekos competition. The festival is on the farm Rustfontein, 8 km outside Bronkhorstspruit on the Old Cullinan road (R513). For more information, visit www.africanblessings.co.za, phone 082-520-7040 or send a mail to Dominic at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Johan Verbeek van De Meerpaal Aftree-oord in die Wilgers het gebel om te sê dat hy “nie baie vrolike nuus” het nie. Hy het gaan Bronbergers haal by Wapadrand Winkelsentrum en sien toe dat daar Bronnies buite die posbusse lê. Hy het met die Poskantoorwerker wat daar besig was gepraat en hom gevra om sulke Bronnies na ‘n winkel te neem waar Johan dit sal gaan oplaai. ‘n Mens kan maar net hoop dat dié werker die ekstra moeite sal doen.

xxx

‘n Toenemende aantal ouers in die Bronberg-gebied kies die tuisskool-roete vir hulle kinders. Dié ouers sal bly wees om te hoor dat die Vereniging vir Tuisonderwys ‘n ekspo gereël het. Dit is op Saterdag 23 November van 9 vm tot 4 nm by die NG Kerk Witfield, Lowtherstraat 65, Boksburg. Toegang is R30 vir volwassenes. Kontak Riselle Botha by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 087-231-1644.

xxx

Hier by die Bronnie se kantoor kry ons gereeld oproepe oor mense wat met bye sukkel en op soek is na iemand om die bye te verwyder. Ons het ‘n lys van sulke mense se name en telefoonnommers op ons webtuiste, www.bronberger.co.za. Kies die ‘noodnommers’ afdeling en, behalwe vir hulp met bye, kan jy ‘n hele aantal nuttige nommers daar in die hande kry.

xxx

Roland Rohrs van die Cullinan Sakekamer sê dat hulle alles moontlik doen om die Cullinanse Hospitaal weer op die been te bring. Hy het met adv Frederick Lekwane van Tshwane Streek Vyf gepraat, wat onderneem het om dit met die regering op te volg. Die Clinix-groep het die 35-bed Cullinan Private Hospitaal op 30 Maart gesluit. Dié hospitaal is in 1907 deur die Premiermyn gebou en die hoeksteen is deur Annie Cullinan gelê.

xxx

The Pretoria Shepherd Dog Club celebrates its 50th anniversary on Saturday, 26 October. There will be a braai from 2 pm onwards at the club grounds in Menlo Park. On Sunday, 27 October club members will get together for a walk in the Faerie Glen Nature Reserve, with a picnic afterwards. For more information, phone Tania Quarmby at 082-430-1456 or visit www.pretoriashepherddogclub.co.za.

xxx

Bronkhorstspruiters hou op Saterdag 2 November makietie saam met Bobby van Jaarsveld, wat van 12 uur tot 2 nm optree. Dit het alles te doen met die opening van Godrich Toyota se nuwe perseel op die hoek van die R25 en Nan-Huaweg.

xxx

Unica Mark, ten bate van outisme, word van 22 tot 30 November by NG Kerk Moreleta in De Villebois Mareuilrylaan gehou. Vir meer inligting, skakel 082-905-6531 of 012-460-6539.

xxx

Counselling @, ‘n geregistreerde nie-winsgewende groep wat beradingswerk vir die gemeenskap doen, hou op 19 en 26 Oktober ’n werkswinkel vir Qumi Huis-personeel by die Rayton NG Saal. Die spesiale dag is om vir die personeel te wys dat hulle raakgesien word vir die werk wat hulle vir gestremde kinders doen. Behalwe die kreatiewe werkswinkel, is daar ook ‘n opbouende praatjie deur Counselling @ se dr Hanlie Meyer, ‘n optrede deur ‘n sanggroep, verversings en ‘n geskenkpakkie. Borge en donasies of geskenkies word gevra vir die 40 vrouens. Vir meer inligting, bel Gerda Grobler by 082-966-0273.

xxx

Silver Lakes-inwoners is nou heel verward oor die beskikbaarheid van hulle Bronnies. Vroeër vanjaar het Mandy Horn, administratiewe assistent by die landgoed se kantore, gevra dat ons hulle Bronnies na haar kantoor toe moet bring vir verspreiding. Inwoners het dit versoek. Lesers wat dit nie geweet nie en het gebel om te sê dat die Bronnies nie meer in hulle posbusse te vinde was nie. Intussen het die landgoed se huiseienaarsvereniging vir Mandy gesê dat sy nie meer die Bronnie by die klubhuis beskikbaar mag stel nie, omdat dit glo kompetisie vir hulle landgoed se tydskrif is. Die Bronberger word nou weer, soos die afgelope elf jaar, in Silver Lakes se posbusse gesit.

xxx

Dr Renee Van Oudtshoorn van die Cullinan Optima Gemeenskap Veeartskliniek is terug van Indië waar sy die World Wide Veterinary Services UK gehelp het om hulle Afrika Hondsdolheid-missie te koördineer. Sy sê dat daar gereeld hondsdolheiduitbrake in Dinokeng is en dat daar geen kuur vir dié siekte is nie. Renee en haar span bied veeartsklinieke in Onverwacht en Refilwe, afhangende van fondse wat hulle inkry.

xxx

‘Mystery Ghost Bus’ is in sy finale jaar, en hou die heel laaste Halloween-toere op 30 en 31 Oktober, en 1 en 2 November. Trek jou Halloween kostuum aan en geniet die ‘Pub & Grub’ stilhouplekke, poltergeeste, opnames, ‘orbs’, draaikolk mis, kastele, ‘n donker spookagtige kamer en begraafplase. Elke toer is van 7 nm tot middernag en kos R299 per persoon. Bespreek by Computicket of Checkers/Shoprite.

 

© 2024 Die/The Bronberger