Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 23 September 2013 23:06
Untitled Document

‘Kleinzonderhout’ is een van die Suid-Afrikaanse plekname wat op ‘n kortlys is vir ‘n beplande boek oor treffende plekname wat beplan word. Ons verstaan presies 100 name en die stories agter die name sal in die publikasie opgeneem word.

xxx

Veertig kindertjies wat in wit plakkerskampe woon gaan op 22 November in Zwavelpoort bederf word. Graceland Pretplaas hou vir die kinders, wat onder Helpende Hand se beskerming val, ‘n Kerspartytjie. Mense is nou al welkom om bydraes van kos en geskenkies te maak. Skenkings kan gedeponeer word met die verwysing “Kerspartytjie”: Helpende Hand Woodlandstak; FNB Bank; Centurion Tak; Rekening nommer: 62428279691. Graceland Pretplaas is op plot 198, Zwavelpoort, 7.5 km uit met Lynnwoodweg vanaf die Hans Strijdom kruising. Draai regs in die Zwavelpoortpad en hulle is 1,5 km verder. Kontak Charlene van der Merwe by 081-043-2990 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

xxx

Het julle gehoor van die Cullcare Huis wat in Cullinan oopgemaak het? Dié gemeenskapsprojek is gemik op die ondersteuning en volgehoue rehabilitasie van dwelm-afhanklikes. Daar is elke Donderdagaand om 6 nm ‘n informele groepsessie onder leiding van ‘n professionele span. Hulle reik ook uit na die afhanklike se gesinslede. Die doel is om ‘n veilige omgewing, sonder enige vooroordeel, vir afhanklikes te skep. Daar is verskeie terapeute, soos ‘n kriminoloog en trauma-berader, ‘n verhoudingsterapeut en spelterapeut. Berading word teen ‘n skenking van R200 gedoen. Indien dit nie bekostig kan word nie, word dienste gratis gelewer. Die Cullcare Huis is die heel laaste skakelhuisie aan die linkerkant van Oaklaan voor die ou ingang na die myn. Stuur ‘n sms na 082-855-9724.

xxx

‘Maak Drome Waar’ is die naam van ‘n liefdadigheidsprojek wat sorg dat meisies wat dit nie kan bekostig nie, ‘n droomrok vir hulle matriekafskeid kry. Dié projek is in 2006 deur die ATKV en SA Cares begin en is afhanklik van skenkings soos rokke, skoene en handsakke. Meisies wat in aanmerking kom vir ‘n gratis rok, gaan kies ‘n rok by die Bali-winkel by Plantland op die hoek van Atterbury- en Olympusweg. Die res van die rokke word verkoop en die fondse wat só ingesamel word, word dan gebruik om vir die meisies se hare, naels en vervoer na die matriekafskeid te betaal. Skakel die Bali-winkel by 012-991-7852, vir Karien Meiring by 084-814-2291 of Hester Burger by 082-922-2277.

xxx

Francois Breytenbach from Bashewa said that his neighbour's workers spotted a leopard on the Breytenbach’s side of the fence and chased it towards the river. “In all the years I have lived here we have never had a wild cat this big. Rooikat yes, but not leopard,” Francois said. He said that they occur in the hills further on towards Boschkop and Zwavelpoort. The place Nkwe near Francois means leopard, and so does Tiegerpoort. “Well he certainly has chosen the right habitat because Boskazi is still wild and will have lots of food in the form of vervet monkeys, which have really become a pest on our property. Just hope he leaves the duikers and other small animals alone,” Francois said.

xxx

Ons hoor daar is sprake is dat Cullinan se geskiedkundige hotel in ‘n Build-it tak omskep kan word? ‘n Voornemende koper van die Jewel-koopsentrum het glo sulke planne vir dié nasionale gedenkwaardigheid. Die Toerisme-afdeling van die Cullinan Sakekamer het sterk daarteen beswaar gemaak en dreig die eienaars glo met ‘n interdik. Die sakekamer is ook besig met planne om die Cullinan Hospitaal-gebou te bekom.

xxx

Nikki De Pina’s husband was almost hijacked at the fourway stop at the N4 Rayton/Cullinan tollgate at around 8.30 pm on 3 September. He was attacked by four men, but managed to fight his way out of the attack. They came from both sides; he was on his bike, and they pushed him off but his helmet was loose, so he hit one attacker with the helmet and the other with his fists, while the third and fourth attackers ran away. Nikki cautions people to please be careful when approaching this fourway stop. Put your brights on as you approach, lock your car doors and be alert. She said that residents should protest for lights at this stop; it is too dark there at night.

xxx

Dit gaan in die omstandighede baie goed met Nico Breytenbach van Kitty Hawk, nadat ‘n vorm van leukemie onlangs by hom gediagnoseer is. Ons verstaan die nare siekte is onder beheer en dat dokters glo bestraling is nie in dié stadium nodig nie.

xxx

Optima Gemeenskapsveeartskliniek hou op 7 Oktober ‘n fondsinsameling-ontbyt op ‘n plaas agter Zonderwater. Daar is ‘n vliegveld op dié plaas en 50 ligte vliegtuie gaan vanaf 6.30 vm vir ontbyt invlieg. Enige iemand is welkom om te gaan kyk en saam ontbyt te eet. Toegang is gratis en die ontbyt is R250. Om 7 vm is daar ‘n snuffelgidshond demonstrasie en om 7.30 vm ‘n veiling van hondeprodukte. Alle fondse gaan aan Optima CVC, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat bejaardes en verarmdes help om hulle diere in te ent en te steriliseer. Vir inligting, skakel 012-734-2990 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Zwavelpoorters kan nie help om te wonder of hulle nou ‘n nuwe telefoonstelsel gaan kry nie. Die waterpyp waaroor ons in die aktuele afdeling berig is deur ‘n Telkom-subkontrakteur stukkend gegrou en gerugte loop dat Zwavelpoorters weer die opsie gaan hê om terug te gaan na ‘n koperkabel-stelsel, maar dat dié kabels begrawe gaan word. Inwoners is sedert 2003 afhanklik van die DECT-stelsel (wat soos radio-fone werk). Die probleem is dat die DECT-torings se kragkabels elke nou en dan gesteel word en dat almal dan vir weke sonder telefoondienste is. Dié DECT telefoonstelsel is in werking gestel omdat Zwavelpoorters glo te naby aan die hoofkragvoorsieningstorings bly, wat gewone telefoondienste klaarblyklik negatief beïnvloed.

xxx

AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Reg Crewe, sê dat hoewel daar gedurende die afgelope tien jaar ’n afname in misdaad in Cullinan was, roof en huisbraak dramaties toegeneem het. Huisroof het van 5 in 2004 na 25 in 2012 toegeneem. Roof en huisbraak het ook beduidend toegeneem. Hy sê inwoners moet betrokke raak by hulle plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en buurtwag.

xxx

Ons hoor ‘n hartseer terugslag het Dirk en Karin van der Walt, vorige eienaars van die Bull & Bush in Bashewa, getref. Mense wat die kuierplek besoek het, sal onthou dat die plek destyds vol lewe was – ook dierelewe. Papegaaie, ‘n mak uil en hondjies was altyd deel van die dekor. Een van hulle Yorkies, Plum, het Ratex ingekry daar waar hulle nou in die Noord-Kaap met konstruksiekontrakte doenig is. Die ou hondjie is dood ná ‘n week se gespook om haar lewe te red.

xxx

The next Cullinan Visual Arts exhibition is on Saturday 21 and Sunday 22 September at the NH Church Premier Mine Hall. It is open on the Saturday from 9 am to 5 pm and on the Sunday from 11 am to 5 pm. At this exhibition you can view and buy the paintings and sculptures of some of South-Africa’s finest artists. International artists will also be displaying. There will be an assortment of cheese, a Boucheron wine tasting and the NH Church will be catering for lunch, snacks and refreshments Entrance is R20 per person.  Phone Norbert Schling at 084-254-3495 or Suzette Botes at 084 5150 520.

xxx

Workers at the Cullinan Diamond Mine striked from the last week in August. Striking workers were protesting at the mine’s main gate. On 29 August striking workers prohibited a SAPS vehicle from passing through, and the police used teargas to disperse the crowd. Two people were arrested, and later that night one more. They appeared in the Cullinan Court on 30 August.

 

© 2024 Die/The Bronberger