Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 29 July 2013 02:22
Untitled Document

Die tweede Openbare Inligtingsaand, ‘n gemeenskaplike poging deur wyk 101 en die Boschkopse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), word op 22 Augustus om 6 nm gehou. Die eerste Openbare Inligtingsaand is op 18 April by Farm Inn gehou en ongeveer 300 mense het opgedaag om na die aanbiedinge te luister en ná die tyd vrae te vra. Wyk 101 raadslid, André van der Walt, sê dat daar nog nie finaal op temas vir die aand besluit is nie, maar dat die geleentheid waarskynlik weer by Farm Inn gehou sal word. Daar sal baie tyd vir algemene vrae wees en koffie is beskikbaar. Enige iemand met voorstelle rondom munisipale sake en polisiëringsaangeleenthede kan vir André ‘n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . en vir Mike Strange van die Boschkopse GPF na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Isabel Groesbeek van Lynnwoodrif sê dat sy nie die enigste stedeling is wat deur ‘n kleinkolmuskeljaatkat besoek word nie. Na aanleiding van verlede maand se berig ‘Muskeljaatkat gemaklik in Lynnwoodrif’, het sy ‘n oproep van Hans Meyer van Faerie Glen ontvang. Hy sê dat hy ook so ‘n kat het wat snags in sy tuin kom kuier.

xxx

‘n Nuwe kontreimark begin op Sondag 28 Julie in Bashewa. Die mark sal by LJ’s Restaurant (eers bekend as Bull & Bush) gehou word. Dit sal bekend staan as die Vier Seisoene-mark. Jy kan 081-707-6950 skakel vir meer inligting.

xxx

Lesers laat weet dat groot advertensie-borde vir ‘n nuwe hospitaal in Garstfonteinweg-verlenging naby Farmer’s Shed opgegaan het. In 2008 was daar planne vir ‘n vier-verdieping hospitaal en rehabilitasie-sentrum op gedeelte nege, Grootfontein. Ontwikkelaar Carel Krog het destyds aangedui dat die projek 12 tot 18 maande sou neem om te voltooi. Is hierdie dieselfde projek? Carel het ons navrae teen spertyd nog nie beantwoord nie.

xxx

According to the Cullinan Chamber of Commerce there is an alarming trend of robberies in the town. Towards the end of June there were robberies in Oak Avenue, at McHardy House and Cullinan Diamond Lodge. The chamber urges business owners and staff to be aware of suspicious vehicles that are parked for a time without the person getting out of the car. Do not apprehend or confront these suspects; rather contact security firms and the SAPS.

xxx

Die ATKV in samewerking met die Vrouemonument en die Anglo-Boere Oorlogsmuseum nooi almal uit om deel te neem aan hulle liedjieskryf-, gedigskryf- en storievertelkompetisie oor enige aspek van dié oorlog, die museum of Vrouemonument. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis aan die meer as 60 000 vroue en kinders wat in die oorlog (1899-1902) in interneringskampe gesterf het. Die kompetisie se sluitingsdatum is Vrydag 20 September en die finaal is op Saterdag 19 Oktober by die Vrouemonument en ABO-museum se feesvieringe in Bloemfontein.

Op die foto staan Johan van Zyl van die ABO-museum by ‘n skildery van vrouens en kinders wat kyk hoe hulle huis afgebrand word. Die kompetisie word aangebied en gekoördineer deur ATKV Centurion. Besoek www.tak.co.za vir meer besonderhede en ‘n inskryfvorm. Rig navrae aan Sakkie Kotze by  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of 082-925-1488.

xxx

Die Skepping – ‘n Oratorium word op 17 en 18 Augustus by die Staatsteater aangebied. Die Skepping is die eerste Afrikaanse kontemporêre klassieke oratorium wat nog ooit in ‘n Suid-Afrikaanse operahuis aangebied is. Dié oratorium is deur musiek-legende Janine Neethling gekomponeer met libretto deur Deon Opperman. Bespreek by Computicket. Vir meer inligting besoek www.deonopperman.co.za of skakel 012-997-5950 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Beleef ’n aand vol winter-bekoring saam met Esperance by die Asbos teater op Nasionale Vrouedag, Vrydag 9 Augustus om 7.30 nm. Van Esperance se eie liedere, en van haar eie komposisies wat in Frans vertaal is, sal gehoor word, asook dié van legendes soos Amanda Strydom, Laurika Rauch, Christa Steyn en Johannes Kerkorrel. Esperance word bygestaan deur pianis Ruanne Ruthvin en Piet Dry op baskitaar. Asbos teater is by Karoo Kafee in Lynnwoodweg. Die vertoning is R100 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Bespreek jou plek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of bel Marica en Belmaré by 082-564-0999 of 082-555-8917.

 

© 2024 Die/The Bronberger