Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 24 June 2013 13:54
Untitled Document

Len Kraamwinkel woon langs die Nooitgedacht-pad, presies daar waar die stop/ry versperring was waaroor ons verlede maand berig het. Len het gebel om te sê dat die berig oor die Nooitgedacht-pad ?n bietjie eensydig was en dat hy die werkers se kant van die saak elke dag beleef het as hy in sy tuin staan. Hy sê dat dit die motoriste is wat op die stop/ry bemanners begin vloek het en dat daar ?n hele paar hofsake hangend is, onder andere vir crimen injuria en aanranding. Hy sê dat dit nie noodwendig die pad is wat gevaarlik is nie, maar die mense wat daarop ry ? heeltemal te vinnig en onverskillig. Len sê dat hy mense dwing om die spoedbeperking van 60 km per uur op die pad te ry. En, nee, hy word nie betaal vir die werk wat hy doen nie en is nie in diens van die padmaatskappy nie. Die twee stop/ry versperrings het nou nader aan mekaar geskuif en is net oor die spoorlyn.

xxx

Moenie van Kragdag vergeet nie. Dié jaarlikse ekspo is op Saterdag 29 Junie by Diamantvallei Landgoed, Rhenosterfontein. Hier word gefokus op volhoubare energie, effektiewe ontwerp om energie- en watergebruik in te perk, die benutting van alternatiewe energie, veiligheid en selfs voedselproduksie. Registreer nou op die webwerf, www.kragdag.co.za, en kry gratis toegang tot die ekspo. Skakel
012-940-1942 vir navrae.   

xxx

Lynette Tolmay van Doornkraal sê dat die gebrek aan landlyne en selfoontorings in die gebied haar na moedverloor se vlakte stuur. Sy sê dat Telkom omtrent ses jaar gelede sommer net besluit het hulle sny die diens af omdat kabeldiefstal die oorhand gekry het. Kabels is ses keer in een jaar tussen Refilwe en die Doornkraal, Brandbach en de Tweedespruit omgewing gesteel. Die gemors is dat selfoonontvangs in daardie gebied nie te goed is nie. ?n Selfoondiensverskaffer het die Tolmays laat weet dat hulle die afgelope drie jaar al onderhandel vir ?n perseel vir nog ?n uitsaaitoring in die omgewing. Lynette vra of dit nou so moeilik kan wees. ?Ek wonder maar net wat aangaan. Dit voel soos een of ander komplot. Is Telkom nie eintlik onder verpligting om diens te verskaf aan al die landelike gebiede nie? Ek wonder of daar iemand is wat meer hieroor weet,? vra Lynette.

xxx

Cullinan se historiese ?Rec? klub-kuierplek maak later dié maand weer oop. Dié keer gaan die kuierplek se naam Brillante La Mia wees. Vroeër vanjaar het ons laat weet dat die mense wat die statige ou gebou in ?n spoggerige lokaal omskep, die nimlike egpare Philip en Wilma Fourie, en Ricus en Annie Boshoff is wat ook OppiStasie in Cullinan, en Kitty Hawk se klubhuis in Boschkop bedryf. Ricus sê dat alles nou in plek is, maar dat hulle net vir die dranklisensie wag om deur te kom.

xxx

Infrasors has announced the resignation of CEO Trevor Robinson, with effect from 31 May. Earlier this year Afrimat bought a 50.7% stake in Infrasors, effectively taking control of the group on 1 March. According to Karen Yssel from the Elandspoort-Pienaarspoort community, Trevor was the last remaining director of Infrasors. The only person left who was part of Delf Sand?s activities in the wetland is manager Otto Fourie. Karen said she fears that he might also leave Delf Sand in the near future and that this might have a severe impact on the criminal case the Department of Water and Environmental Affairs made against Delf Sand. She said that the mine is still operating without a water use license and is still discharging effluent into a stream that forms part of a catchment area. In the meantime the Department of Mineral Resources has yet again granted Delf Sand Mine a prospecting permit for Donkerhoek.

xxx

Soveel lesers het ingebel oor die artikel, ?Molplaag teister boere en tuiniers? in ons Mei-uitgawe, dat ons uiteindelik die kontakbesonderhede vir die mense wat molslagysters verkoop, opgespoor het. Kyk uit vir Geraldine Legemaat se advertensie op bl 42.

xxx

Daar is nog tyd om in te skryf vir Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se jaarlikse gedigtekompetisie. Die sluitingsdatum is 30 Junie en aansoekvorms is beskikbaar by www.afrikaans.org.za. Daar is vier kategorieë waarin deelgeneem kan word: ope, voorgraadse studente, hoërskoolleerlinge en laerskoolleerlinge. In al vier kategorieë is die Groot Trek ?n tema waarin digters hulle gedigte kan inskryf.

xxx

Tania Quarmby, chairperson of the Pretoria Shepherd Dog Club said that cycad poisoning is rife among dogs. A vet in our area has recently seen four cases, two of which resulted in deaths, one which survived and one she is unsure of. Apparently some dogs like the smell or taste of cycad blooms. Many people are unaware that cycads are potentially poisonous to dogs. All parts of the plants are toxic but the seeds contain the highest concentrations of the poisons. Only one or two seeds could kill an average sized dog. Cycads contain both liver poisons (hepatotoxins) and brain poisons (neurotoxins). Common symptoms include vomiting, diarrhoea, excessive drooling, abdominal pain, no eating, fluid filled belly and bleeding gums.

xxx

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) is besig met die voorbereiding van ʼn versdrama toneelstuk ? ?Die Lange Hoop?? wat van 24 tot 28 September by die Voortrekkermonument opgevoer gaan word. Hulle benodig mense wat bereid is om te help met die dekor. Dié versdrama deur dr Steyn Steenekamp is die eerste een sedert DJ Opperman se versdrama, ?Vergelegen?, wat in 1956 geskryf is. Dié liefdesdriehoek-drama speel in die Groot Trek af. Die 14-jarige Aletta Rudolph en Marthinus (Tienie) Oosthuizen raak verlief, maar hulle paadjies skei toe Tienie en sy ouers saam met die Maritz-trek vertrek. Op die trek het Tienie verloof geraak aan Deborah Maritz, dogter van die Trekkerleier, Gerrit Maritz. Ons gaan nou nie die hele verhaal verklap nie, maar Tienie reis ná die slag van Blaauwkrans, Weenen en Moordspruit saam met Sarel Cilliers terug Oos-Kaap toe, en dis daar waar hy Aletta weer raakloop. Vir meer inligting, kontak die GHA se Jenny Ouwenkamp by 012-335-3321 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger