Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 28 May 2013 15:20
Untitled Document

Die McLarens van Zwavelpoort het gebel om te sê dat hulle lesersbrief oor die werpsel katjies wat huise soek verstommende goeie reaksie gekry het. Klaarblyklik het hulle die katjies vir ‘n maand lank in ‘Junk Mail’ adverteer sonder enige reaksie. Hulle het alle reddingsentrums gebel en kon nêrens plek vir die katjies kry nie. Ná die Bronnie knap ‘n paar dae op straat was, het hulle reeds ‘n huis vir een van die katjies gekry. Vir meer inligting, bel vir Minette by 083-231-5478. Hulle is op plot 481 agter die Bafana Kafee.

xxx

Dit is met swaar harte wat Kungwini Welsynsorganisasie vir Dirk Smith groet. Dirk, wat die afgelope ruk dié Zwavelpoortse organisasie se bemarkings- en fondsinsamelingsbestuurder was, gaan sy eie ondernemings begin. Hy gaan saam met ‘n vriendin geskenkmarkte reël in Kathu, Upington, Ballito, Randburg, Pretoria, Vanderbijlpark en dalk ook in Hartenbos. Tussendeur gaan Dirk saam met ‘n ander vennoot in ‘n private berading- en terapie-praktyk werk.

xxx

Mooikloof-lesers het laat weet dat boom-vrektes by hulle ook voorkom. Een dag is die boom nog reg, die volgende dag hang sy blare en ‘n week daarna is hy dood. Een leser dink dit kan dalk ‘n virus wees wat deur voëls versprei word. In Maart het ons berig dat prof PL Steyn van Mooiplaats se plante en bome besig is om oënskynlik van onkruiddoder-skade te vrek. In ons April-uitgawe het Faan Roux van plot 83, Tierpoort (langs Leribisi) laat weet dat hulle daar dieselfde verskynsel ervaar. Groot bome vrek binne ‘n week nadat dit begin lyk of hulle droog word. Faan dink weer dat dié skade te wyte is aan suurwater en sê dat die ondergrondse water getoets moet word. Intussen het Marinus Lindthout van plot 93 Tierpoort gebel om te laat weet dat hy ‘n rukkie gelede ‘n intensiewe water-ondersoek op sy plot laat doen het, en dat die grondwater nie suur is nie. As enige iemand anders dié skielike boom-vrektes ervaar, laat weet ons by 012-734-0522 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Het jy gehoor dat Silver Lakes se bestuur aangevra het om self dié gholf landgoed se Bronbergers aan inwoners te versprei? Blykbaar het lesers gefrustreerd begin raak met die Poskantoor se afleweringsdiens by die posbusse. Inwoners wat steeds sukkel om hulle Bronnies in Silver Lakes te kry, kan met Mandy Horn, administratiewe assistant by die landgoed se kantore, praat.

xxx

Rayton Meander will be launched at the Mampoer Festival on 1 June at the Willem Prinsloo Agricultural museum. To introduce the meander, a family bike ride will show you the area. You start and end at any time during the day. This farm ride offers short and longer routes. Take a ride to Diamond X Horse Ranch, or to Silver Springs Venue or a short ride on the museum farm. For more info, contact Nikki de Pina, marketing and public relations officer at 084-070-2445 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Anton at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Die welbekende Oupa van Lethabong nedersetting naby Oukraalmuur noem homself deesdae Papas. Hy vra hoekom Tshwane Metro Munisipaliteit ‘n tender kan uitreik waar mense hulle hande gebruik om die toilette te dreineer. Papas sê ook dat leerlinge in dié nedersetting geen betroubare vervoer skool toe het nie. Hulle het ‘n keuse van onpadwaardige busse of kan agter op bakkies ry of ‘n geleentheid afsmeek in private voertuie.

xxx

Is jou van dalk Maritz, Potgieter, Cilliers of Uys? Of bes moontlik Retief, Trichardt of Pretorius? As deel van die Groot Trek se 175-jarige herdenking is die FAK op soek na so veel as moontlik van die jong nasate van trekkerleiers. Dié nasate moet die naam van die betrokke trekleier dra. Elkeen van die geïdentifiseerde nasate sal by 'n FAK-glansgeleentheid op 13 Junie ’n spesiale herdenkingsertifikaat ontvang. Skakel 012-301-1777.

xxx

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se jaarlikse gedigtekompetisie sluit op 30 Junie. Daar is vier kategorieë waarin deelgeneem kan word: ope, voorgraadse studente, hoërskoolleerlinge en laerskoolleerlinge. In al vier kategorieë is die Groot Trek ’n tema waarin digters hulle gedigte kan inskryf. Vir inskrywingsvorms en meer inligting, besoek http://fak.org.za/die-gha-se-jaarlikse-gedigtekompetisie/.

xxx

Investors who believe in net asset value (NAV) as a buttress for investment value were in for a shock when Infrasors, owners of Delf Cullinan in Brandbach and Delf Sand in Pienaarspoort, was taken over by Afrimat. Infrasors inferred an audited intrinsic NAV of around 250c/share in the year to February 2012. Afrimat snatched 50,76% of Infrasors for 35c/share. In mid-April 2013, just three months after Afrimat took over, Infrasors' tangible assets have come down with R296,4m, dismissing around 160c/share or 64% of the company's last stated intrinsic NAV. Afrimat has opted to dramatically impair noncore and investment properties and mineral rights. This decision was prompted by a change in future intended use and difficulties in getting regulatory approvals.

xxx

Andrié Steyn van Zwavelpoort sê dat die eienaars van die twee Skotse terriers wat sy in April gevind het, nou nog nie na vore gekom het nie. Iemand anders het hulle gelukkig intussen aangeneem. Andrié het verlede maand laat weet dat sy die Skotties op die Zwavelpoort-grondpad, Achilles, wat voor die druiwe-plaas verby loop, gekry het.

xxx

Oude Hout Mountain Lodge is op soek na uitstallers vir die mark wat hulle op 9 Augustus saam met ouers van Curro skool gaan aanbied. Die hele dag gaan ten bate van Down Sindroom kinders wees. Hulle soek omtrent ‘n duisend uitstallers, en daar gaan ‘n hindernisbaan vir kinders en allerhande vermaak en eetgoed wees. Bel vir Jozanne by 082-565-3883 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Barbara Corrine Bennett from Bashewa said that her fence was cut in three different places and there were six break-ins in the area on 7 May. She said that her neighbour's buck was shot and that the week before a Tierpoort plot owner was attacked and tied up while they ransacked his home. Barbara asked plot owners to be alert and report to Bassek or the Welbekend police if they know of any other crimes in the area.

xxx

Het julle gehoor van die nuwe rolprent wat in Mei by Cullinan se stasie begin skiet het? Ons hoor dat daar ‘n bekende sokkerspeler van oorsee in die ‘cowboy’ fliek, genaamd ‘The Salvation’, speel en dat dit by die stasie en langs die treinspoor al die pad tot by Zonderwater geskiet word. Die produksiespan het glo vir mense gesoek om die gras langs die treinspoor te sny en om die trein op te pas terwyl dit oornag op die stasie staan. Hulle soek ook 80 mense om as ekstras in die fliek op te tree op 27, 28, 29 en 30 Mei. Betaling is R300 per dag en R500 vir instaan akteurs. Die kostuumaanpassings is op 23 en 24 Mei. Vir meer inligting, bel Adrian Blaine van Vault Models by 076-191-0060. Klaarblyklik is dit nie die enigste nuwe fliek wat tonele op Cullinan se stasie gaan skiet nie.

xxx

Bure kla dat allerhande onheile steeds by die Zwavelpoortse huis van immigrante uitbroei. In Maart het ons berig dat ‘n 14-jarige onwettige Zimbabwe-immigrant haar bykans op plot 105, genaamd Saintsburg in Achillesweg, doodgebloei het nadat ‘n aborsie skeefgeloop het. Bure sê dat die meisie glo intussen gedeporteer is, maar dat die immigrante aanbly nadat hulle kennis gekry het om die perseel teen einde April te verlaat. Hulle gebruik glo steeds ‘n onwettige kragaansluiting en polisievoertuie daag gereeld by die perseel op.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger