Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 25 March 2013 16:26
Untitled Document

Die Poskantoorstaking het beteken dat lesers wat hulle Bronnies gewoonlik in die posbus kry, naderhand histeries van ongeduld geraak het. ‘n Leser wat gebel het die dag voor ons weereens sou ry om te probeer om posstukke in te gee, het gesê dat sy sommer lus is om die aand voor die tyd op die Poskantoor se trappie te gaan slaap.

xxx

Barbara Corrine Bennett heard an interesting rumour that Woolworths, a new service station, Spar, etc will soon be moving to Grootfontein. Apparently building should commence later this year. “With a bit of luck the powers that be may hear our plea for a KFC and Chinese take away. Now that would be perfect. Let’s hope it does materialise,” Barbara said.

xxx

‘n Nagtelike poging om beeste by die slagplaas langs R&R slaghuis naby Cullinan te steel, het lelik skeefgeloop toe ‘n trop beeste in die besige teerpad op loop gesit het. Na verneem word het ‘n bus en ander voertuie in die trop ingeploeg en is 14 beeste dood.

xxx

Divan Le Roux vra of enige iemand dalk weet wat van die planne om 'n hospitaal in Zwavelpoort (aan die voet van die Bronberg) te bou, geword het. In 2008 was daar planne vir ‘n vier-verdieping hospitaal en rehabilitasie-sentrum op gedeelte nege, Grootfontein. Ontwikkelaar Carel Krog het destyds aangedui dat die projek 12 tot 18 maande sou neem om te voltooi. Klaarblyklik het die ontwikkelaars dié hospitaalplanne aan die destydse Kungwini munisipaliteit voorgelê nadat Kungwini hulle genader het om ‘n 20 hektaar stuk grond vir lae-koste behuising te bekom.

xxx

Ons hoor dat lesers op plotte hierdie jaar baie erger probleme met slange as ooit voorheen het. Het dit dalk iets met die hittegolf wat ons distrik in Januarie en Februarie geteister het te doen?

xxx

Prof PL Steyn van Mooiplaats het laat weet dat daar ‘n snaakse ding aan die gang is in dié gebied. Sy plante en bome, selfs ‘n groot ou kareeboom, is besig om te vrek. Dit lyk asof hulle onkruiddoder-skade kry, maar daar is geen groot landboubedryf op Mooiplaats nie. Kan dit dalk suurreën wees? As enige iemand anders in die Mooiplaats/Boschkop-omgewing dié probleem ervaar, laat weet ons by 012-734-0522.

xxx

Dit woel deesdae by die Bapsfontein proefplaas. Die opening van die navorsing en opleidingsentrum van Klein Karoo Saad Bemarking is op 13 Maart daar gehou. Nuwe opleidingsfasiliteite tot bevordering van voedselproduksie is bekend gestel. Daar was praatjies, proefbesigtiging van groente, mielies, sojabone en weidings, sowel as tegniese besprekings oor onderwerpe soos telingstegnieke.

xxx

Oud-leerlinge en oud-onderwysers van Laerskool Naauwpoort Witbank word uitgenooi na hulle reünie by Supersportpark in Centurion, hoek van Lenchen en Weststrate op 6 April om 11 vm. Bring eie drink- en eetgoed saam. Skakel Chris Smit by 082-793-7538 of Dr Tobie van Dyk by 084-207-6223.

xxx

The Pretoria Shepherd Dog Club announced that dogs bought from Wet Nose or the SPCA qualify for one month’s free training (excluding the R200 club membership fee). Just bring along your receipt of purchase. From March the club has a new intake of dogs on the first Saturday of every month. Gates open at 1.30 pm for obedience training, beginner, intermediate and advanced training and obstacle course as well as manwork/defence for dogs who have qualified. The Puppy Club has been extended to a six-week course, which is on Wednesday evenings. Gates open at 5.45 pm and the course is until 7.30 pm. Contact Tania Quarmby at 082-430-1456.

xxx

Via Dolorosa (The Passion of the Christ) is ‘n gratis opvoering op Goeie Vrydag, 29 Maart, 2.30 vir 3 nm, by die Voortrekkermonument. ‘n Mens moet net die R20 toegang tot die monument per voertuig betaal. Kenneth Maine is in die rol van Jesus en die regie word deur Nymph Kellerman behartig. Kontak Nina by 082-063-5458 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger