Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 28 February 2013 07:48
Untitled Document

Piet Colyn van Zwavelpoort het gebel oor die berig oor die rondloperhonde in Januarie se Bronnie. Hy sê dat hulle aan die noordekant van die berg net soveel las van rondloperhonde het wat die wildsbokke jaag. Binne ‘n kort rukkie nadat hy die honde in sy veld gesien het, het sy blesboklammetjie-bevolking gekrimp van 12 na agt. Piet sê ook dit lyk of die Rietvleidam-foto’s pompom onkruid wys – veral die een waar die rietbok in die veld lê. Hy vra wat ‘n mens nog kan doen om die euwel van dié onkruid onder hoewebewoners se aandag te bring. Fotograaf Gerhard Scheepers sê dat dié donkerder pers blommetjies op die foto gelukkig nie pompom is nie; dit is papierblom (“sea lavender”).

xxx

Alle oud leerlinge en onderwysers aan die destydse Junior Hoërskool, ook genoem die “Ou Klipskool”, en die eerste dubbelmedium Nigel Hoërskool vanaf 1949 -1962 word uitgenooi na ’n reünie naweek wat deur die Hoërskool John Vorster in Nigel aangebied word. Die hoogtepunt is die oorhandiging van’n gedenkblad oor dié jare op 16 Maart. Enige skoolfoto’s oor die jare is nodig vir die saamstel van ’n gedenk CD. Die reünie naweek begin al die Vrydag met ‘n gholfdag vir oud skoliere. Kontak Susan by 012-665-3474 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Een van Cullinan rugbyklub se spelers, Nicolas Gatino, was die eerste week in Februarie besig met die Vrystaat proewe in Bloemfontein. Dié flank is deur na die tweede rondte, het die drie fiksheidstoetse deurgekom en proewe gespeel teen universiteit- en klubspanne. Nicolas word geteiken vir die Curry Cup-span en Varsity Cup. Almal hou duimvas dat hy Cullinan se naam hoog gaan hou.

xxx

Oeps . . . Ons noulettende lesers het in Januarie aanhoudend gebel om ons daarop te wys dat die datum op die Bronnie se voorblad ‘Januarie 2012’ gesê het. Ons waardeer die mense wat bel omdat hulle regtig dink ons is nog nie van die foutjie bewus nie. Dan kry jy die enkeles wat skynbaar nie op 'n enkele dag des lewens die kleinste van foutjies gemaak het nie en jou ernstig wil berispe oor jy toe tog menslik is. So sê die Bronnie se Facebook-lede hieroor:

Helena Naudé Potgieter: Ag ja. Ai, ai! Ons ander (die meeste lesers dink ek) waardeer die werk wat julle doen vir ons Bronnie en dis baie meer belangrik en 'n groot bederf, die tydskrif van ons! Doen so voort!
Pieter Schoombee: Laat menslikheid vir jou 'n les wees!
Lize Mouton: Ek het een keer 'n Donderdag 'n Woensdag genoem op ‘Daily Sun’ se voorblad. Kon dit in al die provinsies stop behalwe KZN. Gelukkig was dit 'n ‘awesome’ voorblad en die verkope is glad nie geraak nie. Innige simpatie – nou weet ek ten minste ek is in goeie geselskap!
Grada Scholes: I remember being the proud winner of a ‘Readers Digest’ something or other for advertising a “vegetarian meating”. Who cares what the date was; everyone wanted to attend!
Kathleen Behrens: I don't care what date is on the Bronnie, it's still a wonderful mag.
Barbara Corrine Bennett: Ha-ha, silly fools . . . Best they focus on other things. So what if the date is incorrect? What's important is the content . . . and I just LOVE the Bronnie and appreciate all the research and hard work that Gerhard and Angie always put into it. You rock big time.

xxx

Die Tina Skukan-galery bied 'n uitstalling aan met kunswerke deur Johan Kok, Liekie Fouché, Michael Teffo, Charles van Lelyveld en John Tapuch. Die uitstalling is op 3 Februarie geopen en duur tot 28 Februarie. Vir meer inligting skakel 012-991-1733.

xxx

Ons hoor dat Mooikloofrif se landgoedbestuur geweldige kostes aangaan om die rioolprobleem aan te spreek. Laat in Januarie was die krag weer vir ‘n dag lank af en kon die riool nie teen die opdraande uitgepomp word om by die Tshwane-rioolnetwerk aan te sluit nie. Landgoedbestuurder, Theo van Rensen, het ‘n trok wat septiese tenks leegsuig gehuur om te probeer verhoed dat die riool weer oorloop.

 

© 2024 Die/The Bronberger