Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan 2013 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 29 January 2013 17:26
Untitled Document

Die 77-jarige Leonora le Roux van La Montagne het gebel om te laat weet dat die Rudolph Coetsee in ons Desember-artikel, ‘Legende van ‘n eksentrieke prokureur en sy troetel-leeu’, haar oom was. Leonora se deel van die familie het kontak verloor met Amelia Hüsgen, Rudolph se agterkleinkind, se familie en ons kon hulle in verbinding met mekaar sit. Dit was ook net betyds, want die Hüsgens immigreer nou ná 21 jaar se plotlewe op Tierpoort, na die VSA.

xxx

Het julle gehoor van die Kleinfonteinse paartjie wat uit hulle wittebroodaand se gastehuis weggesluip het sonder om vir hulle troue, onthaal, kapel of oornag-verblyf te betaal? Die Boschkop-trouplek se eienaars het ‘n R15 000 lessie uit dié tref-en-trap-troue geleer.

xxx

The Cullinan Conservancy will be hosting the Spider Club of SA on 16 February at the Game Farm “Genesis 1” in the Rietfontein area. The time is 7.30 for 8 am until 1 pm. Participants will meet at the entrance gate and travel in together. Entry is free for members of the Spider Club of SA, R50 for adults and R20 for children. All children must be accompanied by a reliable adult or parent. The conservancy will provide tea and coffee. Please take your own snacks and picnic lunch. No fires are permitted. Booking is essential before 12 February. Send a sms to 082-681-5122.

xxx

Inwoners van Pienaarspoort, Elandshoek en Nooitgedacht is op hulle agterpote oor Infrasors Holdings se aansoek vir ‘n prospekteer-lisensie in Donkerhoek. Infrasors is die moedermaatskappy van Delfsand, wat volgens inwoners roekeloos is met hulle mynbedrywighede in die omgewing. Wat inwoners nie kan kleinkry nie is dat Infrasors 270 000 ton sand in Donkerhoek wil “toets” met die prospekteerproses. Delfsand het egter twee jaar gelede 275 120 ton silika deur die hele jaar geproduseer. Die prospektering lyk vir inwoners eerder na mynbedrywighede.

xxx

Elsa Marais, Dirk Marais van Blyfontein Kwekery in Zwavelpoort se vrou, het laat verlede jaar ‘n beroerte gehad. Dit gaan nie goed met Elsa nie.

xxx

Ons hoor elke blikkie spuitgif (Doem) vir vlieënde insekte was vroeg in Januarie in Cullinan en Rayton se supermarkte uitverkoop. Een rede hiervoor was die lang vakansietydperk sonder vullisverwydering in die dorpies. Die vlieë het baljaar in die lankstaan swart sakke vol oorskiet Kerskos en by hulle miljuisende aangeteel. Die ander rede was die muskiete wat in die lekker warm weer oral in staanwater uitgebroei het. Al wat op die rakke oorgebly het was middels vir kruipende insekte. Sê iemand hier by die Bronnie mos, sy vat toe maar daarvan, spuit die vlieg of muskiet tot hy ‘n kruipende insek is en trap dan op hom.

xxx

Fernando van Oukraalmuur, naby die Boschkop-afrit van die N4, sê dat November se Bronbergers nooit by hom afgelewer is nie en dat hy met ‘n klomp lelik omgekrapte lesers moes sit. Ons redaksiespan, wat ook die Bronnie se afleweringspan is, het self 100 tydskrifte op die toonbank neergesit. As iemand dalk weet watter entoesiastiese leser al 100 boeke gelyk daar weggedra het, laat weet ons asseblief.

xxx

Die Mystery Ghost Bus, ‘n toer-onderneming met ‘n middernagtelike verskil, ry op 16 Februarie tussen Pretoria se spookplekke rond. Jy kan uitsien na kroegkuier-stoppe, poltergeeste, EVP opnames, draaikolk mis, kastele, ‘n donker spookagtige kamer en begraafplase. Moenie jou kamera vergeet nie. Die toer is van 7 nm tot middernag en kos R299 per persoon. Vir meer inligting, besoek www.mysteryghostbus.co.za en probeer om die skrikknoppie daar te druk. Bespreek by Computicket of Checkers/Shoprite.

 

© 2024 Die/The Bronberger