Het jy gehoor? / Have you heard? - Des 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 19 December 2012 08:54
Untitled Document

Bronbergers sal bly wees om te hoor dat hulle by ‘n hele paar plekke in ons kontrei met ‘n Kersdag middagete bederf kan word. Bespreek jou plek by Bronberg Wynlandgoed in Zwavelpoort deur Thinus te bel by 076-452-6182. In Boschkop bied Kitty Hawk restaurant ‘n Kersdag buffet-ete. Bel vir Ricus of Wilma by 083-732-7805 /076-491-2109. In Cullinan bied Albizia restaurant, in 74 Oaklaan heel onder teen die myn se hek, ‘n Kersdag middagete. Bel vir Robert of Lientjie by 082-531-6141 om jou plek te bespreek.

xxx

Cedar Junction, the train theme park, is having a Christmas Flea Market on 16 and 17 December with live entertainment at the playground. They are in Lynnwood Road extension, Zwavelpoort, 4,8 km from Hans Strijdom Drive. For more information, contact Elize at 012-811-1183.

xxx

Die Nickel Kersmark is nog tot 9 Desember by die Paul Jungnickelhuis in Zwavelpoort aan die gang. Jou aankope by dié mark met sy 300 uitstallers, ondersteun volwasse gestremdes en help werkskepping onder inwoners van die tehuis. Paul Jungnickelhuis is op plot 214, Zwavelpoort in Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg). Vir meer inligting bel Kungwini Welsynsorganisasie by 012-940-0221  of besoek www.kwo.org.za.

xxx

Ons wou dit eers nie glo nie, maar ons hoor dit is heel wettig vir ‘n mediese arts om ‘n volle ‘konsultasiefooi’ te hef vir ‘n telefoniese versoek aan ‘n ontvangsdame om ‘n voorskrif te herhaal. Dit blyk toe by navrae genadiglik nie die norm te wees nie. Die meeste dokters eis geen ekstra gelde aan hulle pasiënte vir dié ‘diens’ nie en ander vra ‘n verstaanbare verlaagde fooi om die ‘administratiewe koste’ te verhaal. Moeilik vir iemand op ‘n plattelandse dorpie om dergelike dokters te kry . . .

xxx

Sonette van Pacific Blaze sê ná die mooi resensie wat ou Vreethans in November oor hulle pannekoek en wafelhuis geskryf het, is hulle beroof. Alle toerusting, tot die messe en vurke, is gesteel. Die restaurant gaan nou eers weer in Januarie oopmaak en dit is baie sleg vir besigheid omdat hulle juis nou geweldig baie navrae kry.

xxx

Lesers het ingebel na aanleiding van Bets Page se lesersbrief in ons November-uitgawe, ‘Bekommerd oor veiligheid in Zwavelpoort’. Bets het geskryf dat ‘n klomp mense van Zimbabwe/Mosambiek wat glo nie blyplek het nie, ‘n 10 slaapkamer huis in Zwavelpoort beset. Sy het gesê dat hulle enige ding wat lewe eet, van jakkalse tot likkewane tot skilpaaie en honde. Gemeenskapsorganisasies het nie van so ‘n huis geweet nie. Daar bestaan toe wel so ‘n huis. Volgens Lucia Nagel van Zwavelpoort is dit egter glad nie waar dat dié mense alles in die veld eet nie. Sy sê hulle is baie ordentlik en het ‘meer vleis in hulle yskaste’ as die meeste Zwavelpoorters. Die huis is, volgens Lucia, Pierre Hugo se ou huis in Achillesweg.

xxx

Rayton kry volgende jaar sy eie ‘Extreme Boot Camp’. Hulle is op soek na brawe manne, vroue en kinders om in Februarie saam deel te neem aan ‘The Warrior Race’. Blykbaar is dit ‘n hindernis-resies wat nie vir sissies is nie. As jy wil deelneem, skakel 074-120-0279.

xxx

‘Reach for a dream’ en BMW het op 2 Desember ‘n Kerspartytjie vir 50 kinders by Wouter en Hanri Badenhorst se Renasci-plot op Mooiplaats gehou. Dié organisasie spesialiseer daarin om drome te laat waar word vir kinders met lewensbedreigende siektes. Vir meer inligting kontak Sanet Pohl by tel: 012-368 1542 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Kinders van alle ouderdomme kan weer vanjaar na die Kersliggie-skouspel by Bill Seeley se Rayton-huis, Naudéstraat 31, gaan kyk. Dit is die 14e opeenvolgende jaar wat Bill en sy vrou Petro dié ligvertoning oor Kerstyd vir die dorp se mense hou.

 

© 2024 Die/The Bronberger