Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 24 October 2012 07:40
Untitled Document

Ons hoor dat heiningpale al hoe meer gereeld by die Rietfonteinplotte oorkant Mooikloof voete kry. Moedelose inwoners wat telkens nuwe drade moet span en hulle vee die wêreld vol moet gaan soek, sê hulle blameer die plakkers oorkant Woodlands Boulevard.

xxx

‘n Nuwe Mark het in September in Equestria oopgemaak. Die Murrayfield Mark word op Saterdae van 9 vm tot 2 nm in Farmweg, net agter The Grove-sentrum gehou. Die mark is op soek na meer uitstallers van vars plaasprodukte, alle soorte kos, en kuns en handwerk. Vir meer inligting, besoek www.murrayfieldmarket.co.za.

xxx

Misty Meadows is hosting the Gauteng North Showing Championships on 10 and 11 November. Everybody is welcome to join the spectators and watch the top showing horses in Gauteng north in action. Misty Meadows is just off the Old Bronkhorstspruit Road. For more information, contact Rika van Vuuren at 079-326-7094.

xxx

Die laaste Klip Klap Antiek- en kunsmark van die jaar, wat ‘n spesiale Kersmark sal wees, word op 18 November gehou. Klip Klap is op die Olympus kleinhoewes. Vir meer inligting, bel vir Chris Stander by 082-755-0586.

xxx

Ons hoor dat die openbare Pretoria/Tshwane naamsverandering-vergadering wat op Saterdag 6 Oktober by Refilwe gehou is afgelas is omdat daar te min mense opgedaag het. Blykbaar was daar net sowat 30 mense waarvan die meeste nie inwoners van Refilwe was nie.

xxx

Sukkel met dié navrae
Hier by die Bronnie help ons graag en is ná tien jaar amper al gewoond daaraan om in die middel van die nag of vroeg op ‘n Sondagoggend gebel te word deur benoude lesers wie se septiese tenks oorloop. Gelukkig kan ons dan vir dié benoudes ‘n adverteerder se nommer gee. Daar is egter sekere navrae via ons webtuiste waarmee ons ‘n bietjie sukkel. Hier is ‘n paar verkorte voorbeelde:

  • Ek sukkel om te kan registreer? Asb. ek soek 'n voorbeeld van hoe om 'n brief in te lei om borge te soek vir 'n geleentheid met kunstenaars. Kan u my asb help?
  • Wanneer loop die Bronberger-trein en wat is die koste en tye? Indien u my ook kan voorsien van akkommodasie daar.
  • More. Kan julle dalk vir my foto of skets stuur van ‘n donkie-bakkiespomp, en verduidelik hoe dit werk. Ek weet nie hoe die rondte lopery van die donkie oorgebring word na die as van die pomp, en hoe die water geskep word, sodat dit nie uitval nie, en hoe word die bakkies omgedop om die water uit te gooi in die nuwe voor, ens, ens.
  • Help, hier is ‘n groot slang en ek is baie bang vir slange! Ek kan nie weghardloop nie want dan verloor ek my lift. (‘n Selfoon-teksboodskap.)
  • Can you please supply me with the details of your bar and the functions that can be held there?
  • Ek sal dit waardeer indien ek enige inligting oor die ligging van Rietvallei, waar my ouma gebore is, en Rietvlei, waar my pa gebore is in die Rustenburg-distrik kan opspoor.
  • I would appreciate a list of horse owners in the Garsfontein East area.
  • Ek wil graag weet hoe gereeld julle die boeredag hou en wanneer die volgende gehou gaan word.
  • Het julle skaapstert beskikbaar en wat is die prys van sterte per kg of skaapvet.
  • As julle stalletjies het by die Mampoerfees, sal ek graag een wil hê.
  • Wil uitvind of julle oor 'n koshuis beskik en of julle plek in die skool en koshuis het vir 'n Gr 7 dogter. Indien wel, voorsien my asseblief van die nodige tariewe en vorms.
  • Stuur asseblief nou dadelik vir my aanwysings. Julle mark is al amper verby.
  • We saw you advert in The Bronberger and wanted to visit, but could not reach anybody for directions!
  • My seun word 16 jaar volgende jaar. Nou is ek op soek na 'n piekniek plek, met swembad, en waar die seuns dan vir die dag kan perdry. Kan ons dit daar kom hou? Wat is die koste per dag, per persoon.
  • Hello. I would like to contact the engineer, but I can not find your e-mail.
  • Julle het nie dalk nog julle "script" van die Kersfees opvoering nie?
  • Goeie dag, ek het 'n seun tans in graad 10 wat baie belangstel in wildbestuur, maar ek sukkel om inligting te kry oor waar kursusse aangebied word, watter vakkeuses benodig word en wat die kursus alles behels. 
  • Jy het ons genader om koekies te bak vir die mark in Sept. Ons het nog geen e-mail ontvang van julle om enige inligting te kry nie.
  • Ek stel belang om 'n Kersmark kursus/werkswinkel by te woon. Bied julle so iets aan?
  • Ek weet nie of ek net dom is nie maar ek kon nie uitvind hoe om skaapkoppe op hierdie site te bestel nie
  • Would you please be so kind as to send me directions to your bar from Potchefstroom
 

© 2024 Die/The Bronberger