Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 27 August 2012 18:50
Untitled Document

Het jy nog altyd gewonder oor jou herkoms en van watter land jou stamvader gekom het of waar om te begin soek na familie-dokumente? Die vyfde jaarlikse Genealogie- en Familie-Erfenisfees word op Saterdag 1 September van 8.30 vm tot 2 nm by die NG Gemeente Lynnwoodrif te Lanciastraat 269, Lynnwoodrif gehou. Die fees is 'n gesellige geleentheid in ‘n kermisatmosfeer wat saam met die gemeente se Rif Makiti gehou word. Daar is ‘n kuiertuin en pret vir kinders, met gratis toegang tot die terrein. Navrae: Isabel by 012-348-5135 (soggens) of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Die Unica-mark ten bate van outisme word van 31 Augustus tot 9 September by die DSG skoolsaal in Duxburystraat, Hillcrest aangebied. Die mark is daagliks oop van 9 vm tot 9 nm, maar op Sondae net tot 4 nm. Skakel 082-905-6531 of 012-346-1103 vir meer inligting.

xxx

Graad vier tot sewe leerders van Boschkop Primary gaan Kitty Hawk op 7 September besoek om meer te leer oor lugvaart. Elkeen gaan 'n lekkergoedpakkie en koeldrank kry en een gelukkige leerder gaan saam met 'n loods vlieg. Juanita Kruger, Kitty Hawk se trusteelid vir bemarking en kommunikasie, sê hulle hoop om so die leerders se ervaringsveld ‘n bietjie te verbreed en iets interessant tot hulle lewens toe te voeg. Dié skooltjie doen sy bes om die leerders gevoed en geklee te hou. Hulle skakelbeampte, Mariette Swart, sê dat daar geen ekstra fondse is om uitstappies te reël nie en daarom help donasies uit die gemeenskap geweldig baie. Vir meer inligting oor dié uitstappie, bel vir Juanita by 082-040-9798.

xxx

Construction of an R8-billion Rand ‘green building’ to house the Department of Water Affairs began in July in Pretoria. Environmental Affairs Minister Edna Molewa said the office block, to be situated a stone's throw away from the Union Buildings, will change the face of the construction industry. Occupants of the building will have direct access to sunlight and ventilation, thereby reducing the use of electricity and air conditioners. The building's features include rain water collectors made of recyclable materials and indigenous plants in the landscaping to reduce the need for regular irrigation. Environmental design principles have been included from the gardens right up to the roof of the building.

xxx

Spring nou om jou kaartjies te bespreek vir die toneelstuk wat Cullinan se mense op die planke bring. PG du Plessis se bekende toneelstuk – ‘n Seder val in Waterkloof – word op 31 Augustus en 1 September by die ‘Rec’ Klub opgevoer. Enkel sitplekke is R50 per persoon. Kaartjies kan bespreek word by Kat: 084-579-1803. Daar is ook tafels van twee tot 12 persone, met ‘n ete ingesluit, beskikbaar teen vooraf bespreking. Daar is ‘n kontantkroeg op die perseel.

xxx

The Nabba SA Novice and Diamond Classic bodybuilding championships will be held at the Cullinan Recreation Hall on 25 August. Weigh-in for SA Novice is from 11 am to 12.30 pm and for the Diamond Classic from 12.30 pm to 2 pm. Show time starts at 3 pm. For more information contact Zana Cronjé at 082-782-6930 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Bambino Montessori Kleuterskool hou ‘n pretdag op 1 September. Neem deel aan die kaskar-resies of die potjiekoskompetisie. Die skool voorsien een sak hout en jy moet jou eie potjie bring. Die inskrywingsfooi is R250, maar jy kan jou potjie aan die besoekers verkoop. Stalletjies kan by die vlooimark bespreek word teen R150. Gaan luister na die plaaslike sangers van die Schnelle Muzik-skool, besoek die biertent of hondekompetisie en onthou dat daar baie pryse te wen is. Toegang is R20; kinders onder 12 is gratis. Bambino Montessori is agter die landdroshof op plot 32, Zonderwaterweg, Cullinan. Bel Zulize by 071-356-0748 of 071-695-0844.

xxx

World Suicide Prevention Day is on 10 September. Almost one million people die every year from suicide – a global mortality rate of about one death every 40 seconds. Suicide is one of the three leading causes of death among the 15–44 age group, and in some countries the second leading cause in the 10–24 age group. For more information, contact the South African Depression and Anxiety Group at 011-262-6396.

 

© 2024 Die/The Bronberger