Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 22 July 2012 07:07
Untitled Document

Tweedracht-inwoners is ontsteld oor die feit dat Avalon Kasteel se ouderdom verkeerd aangegee word op dié plek se Facebook-blad. Die bouwerk aan die kasteel is glad nie in die 1920’s begin nie, sê hulle. Dit is klaarblyklik eers in die tagtiger jare begin deur ‘n man wat glo gesorg het dat die kasteel sy plaaslike naam as die “Mandrax-kasteel” gekry het.

xxx

Het jy die storie gehoor van die verlore perd wat langs Lynnwoodweg-verlenging gevind is? Die perd is eers deur ‘n barmhartige Samaritaan op ‘n plot naby Nkwe gehou en toe geskuif na stalle op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg. Die barmhartige Samaritaan het alle dierewelsynorganisasies in die omgewing laat weet van die perd, kennisgewings by alle perdeplekke en veeartse in die omgewing opgesit, en die geval by die Boschkopse Polisiestasie, Veediefstaleenheid en Noord Gautengse perdevereniging gerapporteer. Sy het radio-boodskappe op die gemeenskapsveiligheidsnetwerk laat uitstuur, op Radio 702 se ‘pet care line’ aankondigings gemaak, die geval op Die Bronberger se webforum en Facebook-blad aangekondig en het selfs in plaaslike koerante geadverteer. Dit het die eienaar van dié perd drie weke geneem om agter te kom dat die perd weg is. Nadat sy die perd uiteindelik gaan eien het, het sy nie opgedaag om die perd op die afgespreekte datum te gaan haal nie. Goeie nuus is dat sy die merrie op die ou einde aan die stalle wat na haar omgesien het, geskenk het. Die perd gaan nou in ‘n terapeutiese ryskool gebruik word.

xxx

Die Hoërskool Garsfontein se musiekblyspel, ‘On Broadway’, word van 30 Julie tot 3 Augustus in die Atterbury teater opgevoer. Kaartjies is beskikbaar teen R80. Skakel 012-998-6096.

xxx

Did you hear that Wet Nose Animal Rescue Centre is going to build a new animal hospital? When dr Nelene Sloet joined Wet Nose a while ago as resident veterinarian, the centre turned an old garage into a little hospital. Since dr Nelene has started private consulting hours for the public, the little hospital started bursting at its seams. The centre decided not to add on to an already dilapidated building, but to start building a new hospital from scratch. This is the centre’s biggest project yet and if you can donate building materials or cash for this project, please help them. Contact Wet Nose at 013-932-3941/2/6, 082-677-8084 or 082-337-6326, or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  or visit www.wetnose.org.za.

xxx

Die gerugte dat ‘n baie spesiale negosiewinkel eersdaags in Cullinan gaan oopmaak, is blykbaar waar. Ons hoor mense gaan onder meer by dié nuwe winkel die kans kry om hulle eie diamante los te ‘delf’.

xxx

Cedar Junction temapark in Lynnwoodweg-verlenging hou op Sondag 29 Julie ‘n piekniek-in-die-park. Toegang is R25 vir volwassenes en R15 vir kinders. Hulle hou ook ‘n Vrouedag ontbyt en aktiwiteite om vrouens spesiaal te laat voel op 9 Augustus. Daar sal ‘n toegangsfooi wees en treinkaartjies is beskikbaar teen R10 ‘n rit. Bring jou eie piekniekkombers. Vir meer inligting, bel vir Elize by 012-811-1183.

xxx

Ons hoor die Bronberg Wynlandgoed gaan nou ‘lok, stok en loop’ aan ‘n groot groep verhuur word. Blykbaar gaan nie veel by dié gewilde kuierplek verander nie, behalwe dat die nuwe huurders hulle meer wil toespits op gebeure, soos troues en konferensies. Die bekende boerekos-spyskaart wat deur die oorspronklike eienaar, wyle Faan Smuts, gevestig is, sal glo nie aan getorring word nie en die bekende gesigte uit Faan se tyd sal ook nog te siene wees.

xxx

'n Rayton-en-Cullinan-vir-Christus-aand word op 18 Julie om 6.30 nm by die Blou saal in die Zonderwater-woongebied gehou. Sanger Willie Botha tree op en daar is ‘n poppekas vir kinders. Kontak Willie Strydom by 072-688-1994, Jannie Cornelius by 072-450-5040 of Deon du Preez by 079-892-3929.

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger