Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 25 April 2012 00:21
Untitled Document

Glo jy dat jy veel slimmer as ander mense is? Nou is jou kans om dit te bewys - Mensa Pretoria, deel van die wêreld se oudste hoë-IK vereniging, doen ‘n nuwe lede toetssessie op 5 Mei. Die kostes is R90 per persoon vir die toetssessie. Vir besprekings kontak Beverley by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Vir meer inligting oor Mensa SA, besoek www.mensa.org.za.

xxx

Letterlik ‘n geval van “moenie alles glo wat jy lees nie”.

xxx

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het verlede jaar die prof Kobus Pienaar wisseltrofee vir die Taalaktivis van die Jaar ingestel. Laas jaar het Inge le Roux dié trofee ontvang. Die toekenning word jaarliks gemaak en die GHA wag vir nominasies van die publiek om die 2012 Taalaktivis aan te wys. Vir meer inligting of ‘n inskryfvorm, bel vir André Alkema by 082-570-0184 of dr Müller Pretorius by 012-335-3321.

xxx

Skape, honde en fluitende skaaphond-hanteerders. Ons kontrei se skaaphond-aanhangers sal bly wees om te hoor dat die Bronbergse skaaphonde op 28 en 29 April deelneem aan die Skaaphond toetse by Driefontein 25, Kromdraaiweg, Muldersdrift. Vir meer inligting kontak Carol by 072-288-1558, Elsie by 082-441-9646, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.sasda.za.net. 

xxx

Aanhangers van die 18-episode reeks, ‘Masterchef SA’, sal dalk verras wees om te hoor dat Berdina Schurink, wat tot dusver goed doen in die reeks, ‘n Wapadrand-inwoner is. Sy was een van ‘n horde hoopvolle amateur sjefs wat deurgedring het as deelnemer in die realiteit-kookprogram en het ten tye van Die Bronberger se sperdatum nog nie uitgeval nie. Berdina se eerste dis in dié reeks was tradisionele Suid-Afrikaanse gemarineerde lam met rooi wyn en tamaties, saam met pap en marog.

xxx

Ons hoor gerugte dat daar dalk in die sensitiewe vleiland-gedeeltes van Brandbach gemyn gaan word. Volgens Karen Yssel van die Elandshoek/Nooitgedacht Gemeenskap het Delf Sand, wat op Pienaarspoort gedeelte 10 silika myn, nou aansoek gedoen vir ‘n mynlisensie in ‘n deel van Brandbach wat nog meer sensitief as Pienaarspoort se vleiland is.

xxx

Die jaarlikse Cullifest word op Saterdag 5 Mei op die Cullinan-rugbyveld aangebied. Die dagprogram is van 9 vm tot 4.30 nm en besoekers kan uitsien na ‘n vlooimark met ‘n verskeidenheid uitstallers en heerlike eetgoed, ‘n pretpark, biertuin en musiektent. Kunstenaars, soos Pieter Smith en die groep Saarkie, tree deurentyd in die arena op. Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die hoogtepunt is die aand se kuier om die braaivleisvure in die lapas waar Flip a Coin die gaste gaan vermaak. Die aandprogram begin 5.30 nm en tafels, stoele en braaigeriewe word verskaf. Kaartjies hiervoor kos R120. Bespreek by 083-865-0563 of 012-734-1445.

xxx

Did you know that there is a drug rehab centre in Zwavelpoort? The Guardian Project Ministry, an organisation dedicated to the war against drugs, started Ezekiel House as a residence for people struggling with addictions to substances in 2008. The program at Ezekiel house is a long-term recovery program, including classes, counselling, workstations and faith-based activities.

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger