Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar 2012 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 March 2012 07:57
Untitled Document

Gerrie Pretorius laat weet dat Zwavelpoort en swaeltjies niks met mekaar te make het nie. Hy sê in die ou Hoog-Hollandse State Bybel lees jy waar verduidelik word hoe die wêreld sal vergaan, dat daar “vuur en zwavel” sal wees. Die voëltjie se spelling in Hoog-Hollands is ‘zwalu’ (swaeltjies). In Psalms staan daar die “zwalu heb nessies daar”. Die Bronnie het reeds nege jaar gelede in ‘n artikel daarop gewys dat Zwavelpoort sy naam te danke (of te wyte) het aan die hoë swaelinhoud van die ondergrondse water. En dat dit niks met die swaeltjies in die omgewing te make het nie. Tog word die pragtige voëltjie se naam by bykans al die nuwe ontwikkelings in die gebied bygesleep.

xxx

A few women in the Zwavelpoort, Tiegerpoort and Mooiplaats area have decided to set up an account with the Faerie Glen Animal Clinic with the intention of catching, sterilizing and inoculating the feral cats in the area. They are aware of at least 28 feral cats and the project will be called Whiskers & Tails. The vet will only be charging for medicines used. For more details about donations for this project, contact Carol at 082-643-8886, Marcelle at 082-775-0161 or Petro at 083-604-0074.

xxx

Volgende jaar is die 325-jarige viering van Hugenote se aankoms in ons land. Die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika hou vir die eerste keer in jare ‘n byeenkoms in Pretoria om 'n geleentheid vir Hugenote-nasate te skep om saam te kuier. As jy die volgende familienaam dra, is dié een vir jou: Blignaut, Bruwer, Celliers, Cilliers, Cillie, Cronje, De Klerk, Delport, De Villiers, Du Buis, Buys, Du Buisson, Du Preez, Du Plessis, Durand, Du Toit, Faure, Fouche, Fourie, Giliomee, Gouws, Hugo, Jacobs, Joubert, Jordaan, Labuschagne, La/Le Grange, Le Riche, Le Roux, Lombard, Malan, Malherbe, Marais, Mare, Meyer, Minnaar, Mouton, Naude, Nel, Nortje, Pienaar, Retief, Rousseau, Rossouw, Roux, Senekal, Terblanche, Theron, Viljoen, Vivier. Die byeenkoms is op Saterdag 31 Maart, by die Life Style Cafe, NG Gemeente Lynnwoodrif van 8:30-12:00. Die koste is R50 vir nie-lede en R50 vir die middagete daarna. Bespreek teen 26 Maart by Isabel Groesbeek: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Na die soveelste sieslikheid wat uit die M&T ontwikkeling, Mooikloof Rif, se gebrekkige rioolstelsel in die gebied om Garstfontein-verlenging vrygelaat is, het keelvol inwoners van die omgewing aangedring op aksie. Die spulletjie is toe gou opgeruim en beloftes is glo gemaak om ‘n meer permanente oplossing vir die twakspul te vind.

xxx

Ons hoor Cullinan se ‘locals’ is erg die hoenders in vir Tshwane oor hulle opknappingswerk by die treinspoor wat oor Mainstraat loop. Nuwe helder stopstrate en duidelike strepe en stop-opdragte op die padoppervlakte hou ‘n groot gevaar in, sê hulle. Niemand in Cullinan stop vir die laaste hoeveel jaar by dié of ander treinoorgange in en om die dorp nie. Met die nuwe stoptekens het besoekers besluit om tog daar stil te hou. “Dit gaan nog lelike ongelukke afgee,” meen een inwoner. “Ons sal van voor af moet leer om af te 'slêk' by die treinspore, anders gaan baie ouens in die agterente van besoekers se karre vasjaag.”

xxx

Inwoners van die Onbekend-omgewing is erg bekommerd oor nuwe ontwikkeling wat by die vulstasie naby die kruising van Garstfonteinweg-verlenging met die Bapsfonteinpad beplan word. Beswaar word veral teen bergingstenks vir brandstof gemaak. Ons beplan om volledig hieroor in die volgende uitgawe verslag te doen.

 

© 2024 Die/The Bronberger