Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt 2011 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 17 October 2011 09:49
Untitled Document

Ons hoor dat Bronbergers nou op die swartmark te koop aangebied word. ‘n Ontstelde leser het ons gebel om te laat weet dat iemand wat sy ken ‘n Bronberger in die parkeergebied voor die Pick ‘n Pay in Rayton teen R15 gekoop het. ‘n Pak Bronbergers is blykbaar een vir een deur ‘n swart man daar verkwansel. Die Bronberger het wel ‘n verspreidingspunt binne-in die Raytonse Pick ‘n Pay, maar geen Bronbergers sal by enige verspreidingspunt te koop aangebied word nie. Ons is en bly ‘n gratis gemeenskapspublikasie. Die mense van Pick ‘n Pay het onderneem om bedag te wees op dié ongewenste entrepreneur.

xxx

Only two pigeons left? The others must have been lost in translation . . .

xxx

Annelie Kruger het laat weet dat Sonita Hattingh Donderdagmiddag 6 Oktober ongeveer vyf uur naby die kruising van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-pad aangerand is deur ‘n blanke man en vrou. Hulle ry met ‘n groen Corsa (ons het die registrasienommer) en beweeg glo op die Boschkop-pad tussen Rayton en Silver Lakes. Indien enige iemand inligting hieroor het, tree asseblief met Espee Hattingh in verbinding by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 083-319-0905.

*
‘Boskazi Jam’ is die naam van die plaaslike musiekvertoning wat op Saterdag 22 Oktober vanaf 4 uur in Bashewa gehou word. Boskazi is die naam van Francois Breytenbach se blyplek, plot 221, Bashewa, uit met Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 16 km van Woodlands Boulevard. Bring jou eie drinkgoed, ‘n stoel en braaipak. Vure sal voorsien word. Vir meer inligting, kontak Francois Breytenbach by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Cullinan se oudorp-inwoners het blykbaar so half suur begin raak (en ruik) toe hulle van Vrydagoggend 23 September tot Sondagoggend 25 September waterloos gelaat is.

xxx

Die Mooiplaats, Zwavelpoort en Tierpoort (MZT) Conserv-gemeenskap se Pret en Kosdag word op 29 Oktober op plot 68 Mooiplaats gehou. Daar gaan ’n verskeidenheid stalletjies wees, heerlike eetgoed en speletjies vir groot en klein – van Boeresport tot ‘Paintball’ en kaskarre. Die Currie-beker finale wedstryd word op ‘n reuse skerm vertoon. Vir meer inligting, skakel 083-604-0074.

xxx

Die Boma ‘boot camp’ het ten tye van ons sperdtyd, die naweek van 7 tot 9 Oktober, afgeskop. Dit is die derde jaar wat dié kamp op Henry en Eva Kirstein se Mooiplaatsplot gehou word. Dié jaar woon ‘n rekordgetal van 105 kinders die kamp by.

xxx

Neels van die Bafana winkel sê hy was uit die veld geslaan toe ‘n omgekrapte man onlangs daar inbars en hom van ‘n kant af begin invlieg. Die viese kêrel beskuldig Neels toe daarvan dat hy die polisie gebel het om een van die omgekrapte man se werkers te kom oplaai. Die werker het glo onskuldig by die winkel ‘rondgehang’.  Hoe meer Neels verduidelik dat hy nie weet waarvan die man praat nie en dat hy glad nie die polisie gebel het nie, hoe meer gooi die ou ‘n vloermoer: “Jy ken my nie!” skree die kêrel. “Almal wat my ken, weet niemand sukkel met MY nie!” Hy is ook maar net te dankbaar, sê Neels, dat hy hom nie ken nie.

 

© 2024 Die/The Bronberger