Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep 2011 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 September 2011 10:56
Untitled Document

Henry Kirstein het op 1 September ‘n jong luiperd in die Mooiplaats-omgewing gewaar. Die luiperd was vanaf Hazeldean Farm op pad na die Pienaarsrivier in die vroeë oggendure. Hoewebewoners word gevra om familie en werkers te waarsku dat daar weer ‘n luiperd in dié gebied rondsluip. As jy hom sien, rapporteer dit dadelik aan jou naaste Conserv gemeenskapskoördineerder sodat die luiperd gevang kan word en na ‘n veilige omgewing oorgeplaas kan word. Skakel Mike Strange: 076-701-5286, Dan Durham: 082-454-2378 of Petro Anderson: 083-604-0074. Bel vir Hencke Marais van Tshwane Natuurbewaring by 083-650-3481. Ingwe, ‘n drie jaar oue luiperdmannetjie, is op 14 Oktober verlede jaar gevang nadat hy vier ure lank bo in ’n bloekomboom op Anton Bester se Mooiplaats-plot tussen Korhaanstraat en die Pienaarsrivier, gesit het. Hy is op 29 Oktober in die Mongena Game Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat vrygelaat.

xxx

Steve Cruywagen van Boschkop was in ‘n ongeluk op die Boschkop-grondpad. Blykbaar het sy bakkie gerol en hy is ernstig beseer. Steve is besig om aan te sterk in die Pretoria-Oos Hospitaal.

xxx

The MZT Community Fun and Food day will take place on 29 October at plot 68, Mooiplaats. Events lined up for the day range from boeresport, paintball and go-karts to watching the Curry Cup final on a massive screen. There will be a tea garden with boerie rolls and pancakes and many interesting market stalls. For more information contact 083-604-0074.

xxx

‘n Baie benoude werknemer van ‘n onderneming in Lynnwoodweg aan die noordelike hang van die Bronberg het haar gunsteling publikasie dié maand gebel om dringend raad te vra. Hulle het ‘n ‘hengske moewiese’ slang op die perseel gekry, het sy gesê, en nou wil die werkers die stomme ding uitrook uit sy wegkruipplek uit en hom doodmaak. Sy dink dis ‘n luislang en sy wil hoor of ons nie iemand ken wat dit kan kom vang nie. Ons het só iemand geken.

xxx

Ons hoor die groot advertensiebord wat aankondig dat ‘n ‘Roadhouse’ binnekort in Rayton gaan oopmaak, saai verwarring onder die jonger inwoners van die dorp. Die probleem is dat hulle blykbaar nie ‘n ‘kloe’ het wat vir ‘n huis ‘n ‘Roadhouse’ is nie en ook nie wat ‘n mens daarmee moet maak nie.

xxx

Die aanvallige ‘beter helfte’ van ‘n sekere regsman, hoenderboer en beesspekulant van Zwavelpoort, het onlangs ‘n tydjie uit haar besige skedule afgeknyp om Kilimanjaro te gaan uitklim. Blykbaar vir haar sommer kinderspeletjies ná jare se ingeoefende uithouvermoë met genoemde hoenderboer.

xxx

Inwoners van die Bronberg-gebied waar Pretoria onlangs by Kungwini en Nokeng oorgeneem het, sê hulle wil glad nie kla oor die skielike ‘sigbare’ bedrywighede op munisipale gebied nie. Al blyk baie van die skielike doenighede vir hulle half onverstaanbaar te wees, soos om werkende straatlampe en bestaande naamborde voor die voet te vervang met nuwes, is dit seker beter as toe daar net mooi niks gebeur het nie.

 

© 2024 Die/The Bronberger