Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug 2011 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 23 August 2011 14:58
Untitled Document

Blykbaar het ‘n hele aantal hoewebewoners in Julie nuwe Tshwane munisipale state met die ou Kungwini tariewe ontvang. Volgens raadslid Andre van der Walt gaan die probleem met die Augustus-state uitgesorteer word. Die ou Kungwini rekeningnommer kan nog vir betaling gebruik word. Baie van die vorige Kungwini en Nokeng-inwoners het geen munisipale rekenings in Junie en Julie ontvang nie. Volgens Andile Dykala van die Tshwane munisipaliteit is dit weens die migrasie van data. Dié inwoners moet na hulle naaste munisipale kantore toe gaan om navraag oor hulle rekenings te doen.

xxx

Die jaarlikse genealogie- en familie-erfenisfees is op Saterdag, 3 September van 8.30 vm tot 2 nm ten bate van die NG Gemeente Lynnwoodrif. Die fees is die inisiatief van Isabel Groesbeek en vind saam met die NG Gemeente Lynnwoodrif se Rif Makiti lente en kultuurnaweek plaas. Daar gaan uitstallings wees deur die Barkhuizen-, Bekker-, Human- en Diedericks-familie, die Genealogiese Genootskap van SA (GGSA), die Labuschagne-, Lamprecht- en Malan-familiebond, Van Wyk-familienavorsing, en die Voortrekkermonument Navorsingbiblioteek. Vrae oor stambome en familie-herkoms sal beantwoord word en drie genealogie werkswinkels word aangebied. Daar is ook ‘n teetuin en kinderspeelpark. Kontak Isabel Groesbeek by 082-441-2325 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

As jy ook gewonder het wat groter Pretoria se stadsbase met die ekstra inkomste van Kungwini en Nokeng gaan maak, is die vraag nou deels opgelos. Nee, hulle gaan nie ons plotte se gatpaaie herstel of werkende, lopende water aanlê nie. Hulle gaan wel ‘n nuwe munisipale bestuurder teen net duskant die R3 miljoen per jaar aanstel. Sjoe! Dis seker amper soveel as wat vorige munisipale bestuurders gesteel het.

xxx

Sekere mense by Mooikloof se huiseienaarsvereniging was stomgeslaan en effe omgekrap daaroor dat Die Bronberger ‘n ‘Mooikloof’ posbus het terwyl ons nie in Mooikloof bly nie. Hulle wou weet hoe só iets dan moontlik is en bel toe Garsfontein se Poskantoor met dié vraag. Pleks die nuuskierige Mooiklofers ons maar direk gebel het, want dis wat Johan van die Poskantoor gedoen het. Ook hy het nie geweet hoe dit moontlik is nie. Kom ons verduidelik vir almal wat wil weet. Ons het die posbus al twaalf jaar. En ons is nie die enigste non-Mooiklofers wat ‘n Mooikloof-posbus het nie. Want destyds is die posbusse buite Mooikloof se mure staangemaak en tot die beskikking van die gemeenskap gestel. Die breër gemeenskap van die omgewing, bedoel ons. Die inwoners van Zwavelpoort het trouens meer van dié posbusse gehuur as die inwoners van Mooikloof. Maar toe op ‘n mooi dag, het die einste huiseienaarsvereniging, waarvan duidelik nie een meer dienend is of kan onthou nie, vertoë by ‘hoë plekke’ gedoen om die busse binne die mure staan te maak. Die rede was dat dit ‘gevaarlik’ was om pos buite te gaan uithaal. En vir die mense van Olympus en Zwavelpoort was dit onmoontlik om hulle pos ‘binne’ te gaan uithaal. Hulle Mooikloof-posbusse is toe na neffens Garsfontein se Spar-winkel verskuif, ongerieflik ver en ‘gevaarlik’ buite.

xxx

The Magalies-Bronberg Property Owners Association has its annual general meeting on Tuesday 13 September at 6.30 pm for 7 pm at The Kitty Hawk Clubhouse. If you cannot attend, please give your written voting proxy to any member who will be attending. Voting proxy forms and the full agenda can be found on The MBPA website: www.mbpanet.com.

xxx

The Pothole-free City Campaign has recently been launched. The Tshwane Metro aims to increase the number of potholes fixed per week from around 100 to 300. Please report potholes at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . and indicate the street name and street number nearest to the pothole, the nearest intersection, the name of the suburb, and your name and e-mail address or contact number. For more information, call Istelle Dicks on 012-358-0614.

 

© 2024 Die/The Bronberger