Moreletaparkers takel slaggate self Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 14 June 2024 08:00
Untitled Document

Die Pretoria-Oos Gemeenskapsorgforum het slaggate en krake in Rubensteinrylaan, Moreletapark op 22 Mei getakel.

Stigtersdirekteur van dié forum, Deirdré van Helsdingen, het gesê dat ’n span van ses lede om 7 vm ingespring het om die pad te begin regmaak. Inwoners ondersteun die forum deur R95 te skenk om deel van die forum te word en die fondse word vir verbeteringswerk gebruik.


Deirdré van Helsdingen

Daar was verskeie skenkings van sake-ondernemings en individue in die gemeenskap, soos die sleepwaentjie, werkgereedskap, sakke teer en asfalt. Deirdré het gesê dat die span ook gras sny en onkruid en bome, wat tussen die sypaadjie en die stormwater-dreine groei, verwyder. ’n Groot slaggat is ook in Jacquesstraat reggemaak.


Slaggate in Rubensteinrylaan is reggemaak
Foto’s: Verskaf

Die regmaak van slaggate deur enige individu of instansie anders as die munisipaliteit was voorheen nie toegelaat nie. Met die nuwe gemeenskapsverbeteringsgebied-aanslag, kan geregistreerde inwoners en organisasies nou self by herstelwerk betrokke raak.

 

© 2024 Die/The Bronberger