’Rowers’ loop rieme styf Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

Verdagtes het hulle rieme styfgeloop ná ’n sakeroof op Rayton toe sekuriteitsbeamptes skielik op hulle hakke was.

’n Gewapende roof het op 3 April net voor 11 vm by die Ackermans op die dorp afgespeel en die verdagtes is met verskeie gesteelde items daar weg. Besonderhede oor die verdagtes se voertuig is dadelik na die Cullinanse Gemeenskapspolisiëringsforum se Gemeenskap in Blou-patrolleerders en alle rolspelers, ook by naburige gemeenskapsgroepe, deurgegee.

’n Private sekuriteitsmaatskappy van die Boschkop-omgewing het die voertuig, wat teen ’n hoë spoed op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) beweeg het, agterna gesit. Die verdagtes het die voertuig verlaat en gevlug. Daar is beslag gelê op die voertuig en al die gesteelde goedere.

Teen die Bronnie se saktyd was die verdagtes steeds op vrye voet.

 

© 2024 Die/The Bronberger