Nuwe pad loop onderdeur N4-snelweg Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document

’n Nuwe R94 miljoen dubbelbaanpad, wat verkeer aansienlik in die Hazeldean-gebied gaan verlig, is in Oktober amptelik aan Tshwane se metroraad oorhandig.

Steve Brooks, uitvoerende hoofbestuurder van Balwin Properties, het by die geleentheid gesê dat die nuutgeboude Hazeldean Boulevard verkeersdruk in Silver Lakes-rylaan sal verlig. Die nuwe pad is 3 km lank en is onderdeur die N4-oos snelweg gebou om Ridgeweg in Hazeldean met Lagoonrylaan in Riverwalk te verbind.


Die nuutgeboude Hazeldean Boulevard
Foto: Verskaf

Dit gee Hazeldean-inwoners ’n noordelike uitgangspunt na die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) en Riverwalk-inwoners ’n suidelike uitgang na Lynnwoodweg-verlenging.

Die nuwe pad is ’n deel van Balwin se ontwikkeling van grootmaat infrastruktuur in die Tshwane-gebied en sluit onder andere opgradering van grootmaat water- en sanitasiestelsels in, tesame met opgraderings van paaie en grootmaat elektriese infrastruktuur binne die Mooikloof Megastad-gebied.

 

© 2024 Die/The Bronberger