Misdadigers misbruik stil reservaat Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 18 May 2023 09:10
Untitled Document

Kabeldiewe het die stil Serene Valley, ’n munisipale natuurreservaat in Garsfontein, se heining beskadig en gate in die reservaat gegrawe langs Godfrey- en Gilda-strate. Die kabels is na die rivier afgesleep om daar af te stroop.

Voorsitter van die Vriende van Serene Valley, Carol Martin, het op 1 Mei gesien dat die palissade-heining op die hoek van Godfrey- en Hilda-strate beskadig is. Sy sê dat dit waarskynlik deur kabeldiewe gedoen is wat ’n mangatdeksel aan die straat se kant oopgemaak het en ’n gat aan die binnekant van die heining gegrawe het. Gate is langs die heining in Godfrey- en Gildastraat gegrawe.


Die stukkende heining en die gat, wat op die hoek van Godfrey- en Gilda-strate gegrawe is
Foto’s: Carol Martin

Stukkies plastiek of sellofaan, wat die metaalkabels omhul het, is oral rondgestrooi en leë kabel-omhulsels is in die lang gras gegooi.

 

© 2024 Die/The Bronberger