Vrygelate ‘sluiper’ lei dalk tot moord Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 March 2017 11:20
Untitled Document

Twee Garsfonteinse inwoners is vermoor en drie beseer in ‘n wreedaardige rooftog in die vroeë oggendure van 15 Maart.

Ontstelde inwoners van die gebied meen dat ‘n verdagte ‘sluiper’ wat deur die polisie vrygelaat is, moontlik met die moorde verbind kan word.

Netcare 911 paramedici is om kwart voor een die oggend uitgeroep na Miasstraat naby Hoërskool Garsfontein nadat bure vroue hoor gil het. Volgens Chris Botha van Netcare 911, is al vyf slagoffers vasgebind, aangerand en met ‘n skerp voorwerp gesteek.


Die huis in Miasstraat, Garsfontein waar twee mense dood en drie beseer is
Foto: Barry Bateman/EWN

Twee vroue was reeds dood en een in ‘n kritieke toestand met die paramedici se aankoms op die toneel. ‘n Man is ernstig beseer en ‘n tienermeisie het met geringe beserings weggekom.

Die boewe het glo deur die motorhuis toegang tot die huis gekry, voor hulle vuurwapens op die vyf inwoners gerig het en hulle vasgebind het. Hulle het op bankkaarte aangedring om geld te onttrek en is weg met ‘n televisiestel en ‘n wit Polo, wat later dieselfde oggend in Johannesburg gevind is.

Garsfonteiners vertel dat die Garsfonteinse polisiestasie dieselfde week ‘n sluiper, wat die woonbuurt maande lank geteister het, vrygelaat het. Die sluiper het huise besoek en inligting ingewin om aan misdadigers te verkoop, meen ontstelde inwoners.

 

© 2024 Die/The Bronberger