Konsultant fouteer met sandmynfeite Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 February 2017 04:26
Untitled Document

Verkeerde inligting oor die beplande sandmyn by Rayton is aanvanklik deur omgewingskonsultante uitgestuur.

In ‘Planne vir reuse sandmyn bedreig Rayton’ in Die Bronberger se Januarie-uitgawe het ons berig dat Rayton-inwoners ontstoke is oor die beplande sandmyn van 678 hektaar, wat baie groter as die dorp self gaan wees. Die myn word op gedeeltes 7, 9 en 55 van die plaas Kaalfontein, digby Rayton, beplan.

Joan-Louise du Toit van die Cullinan Bewarea het laat weet dat Leap Enviro aanvanklik ‘n foutiewe agtergrondinligtingsdokument uitgestuur het. Die foute in Leap Enviro se dokument is reggemaak ná Die Bronberger se Januarie-saktyd.


Die korrekte kaart van die beplande sandmyn se ligging

Zelda van Wyk, ‘n woordvoerder vir Leap Enviro, sê dat die aansoeker om die mynlisensie Insite Trading (Pty) Ltd is. Die myn word wel beplan vir gedeeltes 7, 9 en 55 van die plaas Kaalfontein, maar die kaart wat aandui waar dié gedeeltes is, was verkeerd. Zelda het die korrekte kaart verskaf wat wys dat die myn nie aan altwee kante van die toegangspad na Rayton beplan word nie.

Lede van die Cullinan Bewarea sê dat die myn ’n massiewe impak op die omgewing gaan hê en dat mense daagliks met geraas en stof gaan moet saamleef. Sommige inwoners meen dat so ‘n sandmyn die waarde van hulle eiendomme gaan laat daal, dat misdaad sal toeneem en dat dit ‘n toename in verkeer sal veroorsaak op ‘n pad wat klaar nie in staat is om die swaar verkeer te dra nie.

Vir meer inligting bel Zelda by 012-344-3582, stuur ‘n faks: 086-606-6130 of ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2024 Die/The Bronberger