Vuil verwelkoming Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 31 January 2017 22:15
Untitled Document


Die geskiedkundige dorpie, Cullinan, steun vir sy volhoubare voortbestaan swaar op toeriste wat veral oor naweke daar besoek aflê. Die eerste indruk wat hulle van die dorp kry laat in die afgelope tyd egter veel te wense oor. Langs die toegangspad vanaf Rayton lyk dit soms soos ’n rommelslagveld en om die vrot pampoen op die vullishoop te sit, is twee groot munisipale rommelhouers langs Mainstraat neergesit waar ’n mens die sentrale sakegebied binnekom. Die houers is altyd letterlik oorlopens toe vol en hoewel hulle soms leeggemaak word, bly die oorloopgemors agter om ’n ekstra vuil verwelkoming aan besoekers te gee.

 

© 2024 Die/The Bronberger