Ongeluk eis lewe Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 12 December 2016 15:24
Untitled Document

‘n Man is dood nadat ‘n vragmotor en ‘n voertuig op 22 November op Lynnwoodweg-verlenging in Zwavelpoort gebots het.


Die noodlottige ongeluk op Lynnwoodweg-verlenging

Netcare 911 woordvoerder, Athlenda Mathe, het gesê dat die ongeluk rondom 11 vm gebeur het. Toe Netcare 911 paramedici op die toneel aankom, was die bestuurder van die voertuig reeds dood. Die vragmotorbestuurder was in ‘n kritieke toestand. Hy is gestabiliseer en hospitaal toe geneem.

Volgens adjudant-offisier Wynand van der Merwe van die Boschkopse Polisiestasie was die ongeluk ongeveer ‘n kilometer oos van Vintage Paving op Lynnwoodweg.

 

© 2024 Die/The Bronberger