Stukkende pyp voer landgoeddam vir jare Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 November 2016 17:09
Untitled Document

Nog ‘n massiewe waterlek wat die afgelope drie tot vier jaar daagliks sowat een miljoen liter vermors het, is onlangs in die Silver Lakes-/Willow Acres-gebied ontdek.

Die magdom drinkwater is na die dam van Silver Lakes se wildreservaat afgevoer, voor die landgoed se instandhoudingbestuurder, Ollie Ollewagen, dit agtergekom en aangemeld het.


Die dam waarin die water beland het

Die raadslid vir die gebied, Mike Strange, het dit ook onder die aandag van die betrokke burgemeestersraadslid en die voorsitter van die komitee vir massadienste gebring.


Water het vrylik by die pyp uitgeloop

Die nuwe taakspan van die metroraad, wat poog om watervermorsing in die kiem te smoor, het gesorg dat die grootskaalse vermorsing binne ‘n week stopgesit is.


Helder drinkwater het vir minstens drie jaar hier uitgestroom

In Oktober se Bronnie is berig oor ‘n pyplyn wat oor die afgelope drie jaar water in Tygervallei tot só ‘n mate gemors het dat plaasdamme stroomaf oorgeloop het. Mense het aanvanklik gedink die waterlekkasie is ‘n fontein.

 

© 2024 Die/The Bronberger