Vermiste paartjie was in ongeluk Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 November 2016 17:08
Untitled Document

‘n Paartjie wat op 29 Oktober as vermis aangegee is, was in ‘n motorongeluk in die Boschkop-polisiestasie se gebied. Die 46-jarige Sharon Roberto is in die ongeluk dood. Haar vriend, Norbet Vaupel, het die ongeluk oorleef maar is in ‘n kritiese toestand in die hospitaal opgeneem.

Volgens adjudant-offisier, Wynand van der Merwe van die Boschkopse Polisiestasie, was die ongeluk by die Donkerhoek-afrit van die N4-Witbank-snelweg en is altwee na Wilgers Hospitaal geneem.


Sharon Roberto

Norbet Vaupel

Familie en vriende van die vermiste paartjie het by Pink Ladies om hulp aangeklop. Pink Ladies is ‘n onafhanklike groep vrywilligers, geskep met die doel om vermiste kinders en geliefdes met hulle families te herenig. Pink Ladies werk binne die landswette en lede strek van prokureurs, sielkundiges, pastore, private speurders en kriminoloë tot gewone lede van die samelewing.

Dessie Rechnier, direkteur van Pink Ladies, het gesê dit was met hartseer dat sy die familie vroeg in November moes inlig dat Sharon in die ongeluk dood is. Die ongeluk was op die dag toe die paartjie vermis geraak het. Hulle is 10 uur die oggend van 29 Oktober vir die laaste keer gesien.

Netcare 911 was op die toneel en het berig dat die voertuig, ‘n wit Mercedes Benz, uitgebrand het.

 

© 2024 Die/The Bronberger