‘Melkerige’ kraanwater is veilig Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 26 September 2016 19:22
Untitled Document

Spierwit kraanwater is iets wat groot konsternasie in baie van ons kontrei se huise veroorsaak. Is dié water veilig om te drink?

Volgens Gerna Clifford, Pr.Eng. (Chem), M.Eng, van die Boschkop-gebaseerde West Bio-Chemical water-analise laboratorium is die melkerige voorkoms van kraanwater gewoonlik aan lug te wyte.


Kraanwater lyk spierwit, soos dié in die glas aan die linkerkant as dit ingegooi word. As ‘n mens dit laat staan word dit naderhand helder

Daar is een manier om seker te wees. As jou kraanwater wit, melkerig of troebel lyk, tap ‘n glas water en laat dit vir ‘n paar minute staan. As die melkerigheid geleidelik vanaf die onderkant van die glas af begin helder word, beteken dit dat die wit voorkoms deur lug veroorsaak is.

Die klein lugborrels sal boontoe beweeg tot die hele glas water helder is.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger