Klere, kos en komberse vir behoeftiges Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 July 2016 05:30
Untitled Document

Die gemeenskap maak hulle harte oop vir diegene wat warm hulpmiddele in die winter nodig het.
Verlede maand het ons berig dat Rayton- en Cullinan Apteek houers voorsien waarin komberse, klere, skoene en kos vir die behoeftige mense in die gemeenskap afgelaai kan word.

Hulle werk saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se tak in die gebied en Sandra Pollock, klinieksuster by Rayton Apteek, sê dat dit so goed gaan met die insameling dat CMR se maatskaplike werkers so een maal ‘n week die insamelinghouers in die apteek gaan leegmaak. Daar is ook houers by Pick n Pay Rayton, Spar Cullinan, en verskeie kerke in die omgewing.


‘n Insamelinghouer

Hulpmiddele word nie buite die gebied gebruik nie, maar gaan spesifiek vir die mense rondom Rayton en Cullinan. Die maatskaplike werkers van die CMR sorg dat skenkings by mense wat dit nodig het uitkom.

Sandra sê dat enige warm klere, soos truie, jasse en handskoene, altyd welkom is, maar daar is spesifiek ‘n versoek vir babadoeke en tienermeisieklere.

As jy kan help om die winter ‘n bietjie warmer te maak vir mense wat sukkel, skakel Rayton Apteek: 012-734-4800. Die apteek is in die Raymed-sentrum, Treurnichtstraat.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger