Hoenderdiewe betrap Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 July 2016 05:19
Untitled Document

Twee werkers van National Chicks in Boschkop is onlangs met ‘n bakkievrag vol gesteelde hoenders betrap. Die 315 hoenderkarkasse was glo bestem om aan hoenderslagplase verkoop te word.

Die Boschkopse polisie het ‘n wenk op ‘n Sondagoggend gekry dat ‘n bakkie besig was om hoenders onwettiglik by een van National Chicks se braaikuikenstore op te laai.


Die twee verdagtes

Die polisie het met hulle aankoms by die hoenderplaas ‘n bakkie vol geslagte hoenders aangetref en twee werkers is in hegtenis geneem. Die bestuurder van die hoenderplaas was nie bewus van die onderduimse hoenderhandelary nie en dit kon nie met sekerheid vasgestel word hoe lank die hoenderdiewe al bedrywig was nie.


Lede van die Boschkopse polisie by die vrag gesteelde hoenders

Twee mans tussen die ouderdomme van 20 en 30 jaar sou later in verband met die voorval in die hof verskyn.

 

© 2024 Die/The Bronberger