Trap gatpad pap Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 18 June 2016 15:58
Untitled Document

Inwoners van Tierpoort is goed die hoenders in vir swaar vragmotors wat dié gebied se berugte 'gatpad' wederregtelik gebruik.

Die pad verbind Garstfonteinweg- met Lynnwoodweg-verlenging en duidelike tekens is aangebring wat voertuie van swaarder as vyf ton verbied. Tog lyk dit dikwels soos 'n 'hoofweg vir trokke' en word die pad pap getrap, sê een hoewebewoner van Tierpoort. Hy meen die bestuurders en eienaars van die vragmotors moet geleer word wat vyf ton beteken.


Die foto is vroegoggend op 6 Mei deur Danie Goosen geneem

Volgens Nadine Bennet toon die bestuurders, wat nie eers op die pad mag ry nie, geen genade vir motoriste nie. Dit gebeur gereeld dat motoriste die veld ingedwing word as hulle nie onder vragmotorwiele wil beland nie. 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger