Brand Steyn is in sy slaapkamer vermoor Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 18 June 2016 15:55
Untitled Document

Brand Steyn se lyk is op 1 Junie in sy slaapkamer op ‘n kleinhoewe naby Cullinan gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Sarah Mcira, het die 40-jarige Brand ‘n koeëlwond in sy kop gehad en ‘n saak van moord word ondersoek.

Die motief vir die moord was nie duidelik nie en dit kan nie bevestig word of enigiets uit die huis vermis word nie. ‘n Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is op die toneel gevind.

Dit is nie duidelik wanneer Brand vermoor is nie. Sy lyk is deur ’n vriend wat gaan ondersoek instel het, gevind. Hy het bekommerd geraak toe hy Brand sedert die vorige dag nie in die hande kon kry nie.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger