Pienaarspoort se plakkers hou aan terugkom Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 18 June 2016 15:55
Untitled Document

Die Rooimiere het in Mei ongeveer 1 000 onwettige plakkers, wat van Mamelodi af kom, van hoewes op Pienaars­poort afgesit.

Blessing Manale, die burgemeesterskomitee-woordvoerder van die Tshwane-metroraad, sê die grond behoort aan die belegging- en versekeringsmaatskappy Old Mutual en dat die stad besig was met onderhandelinge om die grond by Old Mutual te koop.


Die plakkers sê hulle sal aanhou teruggaan

Omtrent 100 plakkershutte, wat vanaf November verlede jaar opgerig is, is afgebreek in ‘n plakkerskamp wat inwoners Retshwenyegile Dwellers gedoop het.

Gemeenskapswoordvoerder, Martin Matlala, het gesê dat hulle sal aanhou teruggaan al is hulle reeds 15 keer in die laaste drie jaar met geweld deur Tshwane Metro-polisiemanne verwyder.


Die plakkers is reeds 15 keer in die laaste drie jaar met dwang verwyder

Martin het beweer dat raadslede van die Tshwane Metroraad grond op Pienaarspoort vir hulle eie gewin verkoop. Die plakkers is glo moeg daarvoor om vir HOP-huise te wag en beskuldig die regering daarvan dat hulle leë beloftes gemaak het.

Blessing het gesê die metroraad glo dat die grondbesetting ‘n poging is om die programme onder die Re Aga Tshwane-program te destabiliseer. Dié program beoog dorpstigting en die formalisering van informele nedersettings deur die daarstelling van basiese dienste en oorgangs-wooneenhede terwyl dit inwoners hervestig.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger