Gesin se opstal in puin Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 18 June 2016 15:54
Untitled Document

'n Gesin van Bashewa se grasdakhuis is in die vroeë oggendure van Donderdag 9 Junie deur 'n brand in puin gelê. Niemand is ernstig in die voorval beseer nie. 


‘n Facebookfoto van André Zehnder

André en Elizma Zehnder, hulle vier kinders en Elizma se ouers is haweloos en met weinig besittings gelaat. Die gemeenskap van Bashewa en omgewing het dadelik ingespring om die gesin te help. ‘n Aflaaipunt vir noodsaaklike benodighede, soos klere en kos, is by die Bashewa koopsentrum ingerig. Verskeie aanbiedinge van tydelike huisvesting is ontvang.


Die brand soos van Garstfonteinweg-verlenging gesien
Foto: Barbara Corrine Bennett
.

Die brandweer was op die toneel, maar nie veel kon gered word nie
.

Die brand het op die boonste verdieping van die groot opstal op hoewe 209 begin. Elizma se ma en pa bewoon die boonste vlak en die Zehnder gesin, met ‘n drieling van 13 (twee dogters en ‘n seun) en die oudste seun van 15 jaar oud, bly op die grondvlak.

Die opstal in ligte laaie
Foto’s: Danie Goosen

Enkele huishoudelike items kon uit die grondvlak gered word voor die huis heeltemal afgebrand het.
Mense wat die gesin wil bystaan is gevra om vooraf vir Henriette by 072-349-5270 te bel om vas te stel waaraan daar nog ‘n behoefte is.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger